Umhlanga Akkommodasie by 8 Gunda | LekkeSlaap
+42
+42

8 Gunda

Selfsorg
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Gunda Singel, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

8 Gunda is in 'n vreedsame singel in die hartjie van Umhlanga Rocks geleë en bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vierslaapkamerhuis en 'n eenslaapkamerkothuis. Dit is naby Umhlanga-strand en Gateway Theatre of Shopping.

Die vierslaapkamerhuis kan ook as 'n tweeslaapkamerhuis gehuur word omdat 2 van die kamers slegs van buite af bereik kan word. Die huis is smaakvol versier en het 4 slaapkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Elke slaapkamer het 'n TV met DStv, 3 van die slaapkamers het lugversorging en die vierde slaapkamer het 'n plafonwaaier. Die kombuis is toegerus met 'n dubbeldeur-yskas met 'n ysmasjien, mikrogolfoond, oond en stoof. Daar is ook 'n aparte wasarea. Die leefarea lei na 'n onderdak-patio met 'n etenstafel en 8 stoele.

Die aparte eenslaapkamerkothuis het 'n uitsig oor die swembad en 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook 'n leefarea. Daar is WiFi op die perseel en gaste het ook toegang tot oorgenoeg parkeerplek. Die eiendom is naby verskeie restaurante, kafees en winkels en is net 20 minute vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.

Kenmerke

Swembad
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Ligging

  • 8 Gunda Singel, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Gunda Singel, Umhlanga, 4320, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDljMzZjYmNiLWE1MzYtNGE0Zi1hMGM0LTFhNjM0MjM4NDhkZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 000  per nag (plek vir 2) 8 Gunda Crescent Umhlanga 4320 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.71691 31.082973
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za