8 On Bellevue

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

8 On Bellevue bied verblyf in 2 woonstelle in Witrivier.

Die woonstelle is op dieselfde perseel as die hoofhuis. Woonstel 1 het 'n privaat ingang en beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, 'n yskas en koffie- en teemaakgeriewe.

Woonstel 2 het 'n privaat ingang en beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n solderbed wat 'n persoon onder 60 kg kan akkommodeer. Nog 'n enkelbed kan op versoek voorsien word. Daar is 'n en suite-badkamer met 'n stort. Beddegoed word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n stoof, oond, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n werksarea waar gaste met hul skootrekenaars kan sit.

Gaste kan gerus die swembad gebruik en daar is onderdakparkeerplek op die perseel. Let asb dat 'n grondpad na die verblyf lei.

Witrivier het talle restaurante en gaste kan gaan wynproe en die Witrivier Geskiedenis- en Motormuseum of Krugerwildtuin besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 8 On Bellevue gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false