801 Dockside

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

801 Dockside is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in De Waterkant, Kaapstad. Dis ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na gerieflike blyplek met lieflike uitsigte oor die stad en wat naby verskeie besienswaardighede en geriewe is.

Die woonstel is smaakvol versier en is op die boonste verdieping geleë. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die oopplan-leefarea is ruim en die kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond, stoof en 'n wasmasjien.

Die aangrensende sitkamer het gemaklike rusbanke en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale. Die leefarea bied toegang tot 'n balkon en spog met gedeeltelike uitsigte op Tafelberg en die omliggende area.

Die gebou het 'n gemeenskaplike gimnasium en binnenshuise plonspoel wat gaste gerus kan gebruik. 'n Privaat parkeerplek vir 1 voertuig is in die gebou beskikbaar. 801 Dockside is stapafstand vanaf die KIKS, Langstraat se naglewe, winkels, restaurante en ander geriewe.

Slaapplek

'n Bespreking by 801 Dockside sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 801 Dockside gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 970 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false