801 St Georges

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

801 St Georges is 'n selfsorgwoonstel in Kaapstad se middestad, 'n smeltkroes van bedrywighede met 'n rits sake-ondernemings en kuierplekke.

Dié ateljeewoonstel bied slaapplek aan 3 gaste en het 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetkamerstel vir 4 en 'n sitarea met 'n gemaklike uitvou-slaapbank. Verder bied die gebou 'n hysbak, 24 uur-sekuriteit, veilige kelderparkeerplek en 'n wassery.

Kaapstad se middestad bied allerlei koffiewinkels, restaurante, kroeë, kuierplekke, teaters, museums, kunsvlytmarkies, winkelsentrums en hotelle en is die perfekte sentrale basis vanwaar besoekers die Moederstad kan verken.

Slaapplek

'n Bespreking by 801 St Georges sluit in:

1 x Koningingrootte-bed
1 x Kindermatras vir 1

Kenmerke

  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 801 St Georges gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R450 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za