81 Anchors Aweigh

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

81 Anchors Aweigh is 'n bekostigbare selfsorgkothuis, ideaal geleë in die Anchors Aweigh-sekuriteitskompleks. Dié kompleks het 'n swembad, front aan die riviermonding en is net 'n entjie se stap vanaf die Blouvlagstrand.

Dié kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n solderkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die solderkamer op die boonste verdieping het 2 enkelbeddens en is ideaal vir kinders.

Die kombuis, eet- en leefarea is oopplan. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond in. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitkamer het 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler.

Buite is daar 'n patio met 'n draagbare braai en parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 81 Anchors Aweigh gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za