82 Suikerbossie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

82 Suikerbossie is 'n selfsorg-eenheid in Gordonsbaai. Dié eenheid lê teen 'n berghang en is ideaal diegene wat verskeie doendinge in die Helderberg wil verken.

Die eenheid is op die grondverdieping en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 1 koninggrootte-bed, groot vensters met lieflike uitsigte oor die see en die omgewing, en 'n en suite-badkamer met 'n outydse bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee slaapkamers deel 'n badkamer.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, elektriese oond, wasmasjien, skottelgoedwasser, mikrogolfoond, ingeboude kaste met breekware, eetgerei en toebehore toegerus.

Die oopplan-sitarea is oorkant en het netjies sitplek, 'n TV met Netflix en daar is gratis WiFi. Groot skuifdeure lei vanaf die sitkamer na 'n groot houtdek met 'n tafel, stoele, braaigeriewe en 'n lieflike uitsig oor die baai.

82 Suikerbossie het ook 'n privaat tuin, 1 parkeerplek in 'n motorhuis en 1 parkeerplek op die perseel. Daar is ook 'n alarmstelsel met gewapende reaksie.

Die huis is naby verskeie winkels, restaurante en net 'n kort entjie se ry vanaf die swemstrand en doendinge soos visvang, wynproe, inkopies en vele meer.

Twee langtermynhuurders bly in die boonste woonstel wat heeltemal apart is van 82 Suikerbossie.

Slaapplek

'n Bespreking by 82 Suikerbossie sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 82 Suikerbossie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false