Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

83 Dassen Island

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dasseneilandrylaan 83, Yzerfontein, 7350, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 4
  • Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

83 Dassen Island bied bekoorlike selfsorgverblyf met see-uitsigte in die hawedorpie Yzerfontein. Die huis staan op 'n heuwel met 'n uitsig oor Dasseneiland en is net 150 m van die see af. Op 'n helder dag kan 'n mens Tafelberg sien en gedurende die lente baljaar die walvisse in die see. Die verblyf is op dieselfde perseel as die eienaar se privaat huis, maar het 'n privaat ingang.

83 Dassen Island het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en see-uitsigte, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die badkamer het 'n stort. Die leefarea het DStv en 'n DVD-speler. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en daar is 'n yskas, mikrogolf, oond en stoof.

Die hoofslaapkamer en woonkamer lei na 'n stoep met 'n tafel, stoele, sambreel en 'n see-uitsig. Ontspan gerus op die stoep en kyk hoe die vissersbote na Dasseneiland vaar of hoe die son luisterryk sak. Daar is ook braaigeriewe en sitplek in die privaat agterplaas.

Yzerfontein aan Suid-Afrika se pragtige Weskus geleë, sowat 80 km van Kaapstad af. Hierdie kusdorpie het pragtige strande, seisoenale veldblomme en gewilde visvangplekke. Dasseneiland met sy volop voëllewe en wonderskone natuurtonele is sowat 10 km van die kus af. Daar is ook verskeie staproetes in die omgewing, soos Darling Stagger, Elandsfontein Privaat Reservaat, Grotto Bay Coastal Nature Reserve en Tienie Versveld Reservaat. Die Weskus Nasionale Park is ook net 20 km van Yzerfontein af. Hierdie wildpark bied 'n tuiste vir elande, bontebokke, springbokke, steenbokke, koedoes, duikers, Kaapse bergsebras, rooikatte, wildekatte en bakoorjakkalse. Darling se Wynroete en die skulpies by Pearl Bay is beslis ook 'n besoek werd.

Let asb. daarop dat die eenheid slaapplek het vir maksimum 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders ouer as 2 jaar. Dit is ook nie geskik vir mans-, dames- of toekenningsnaweke nie.

Slaapplek

’n Bespreking by 83 Dassen Island sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 60 resensies vir 83 Dassen Island
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Dasseneilandrylaan 83, Yzerfontein, 7350, Wes-Kaap
  • Gaste dink 83 Dassen Island het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dasseneilandrylaan 83, Yzerfontein, 7350, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 4
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ0ZDQ2YjMxLTM0YzEtNDliNi04MGFjLWIxOWRjMzExZDgxZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag (plek vir 4) 60 5 1 5 83 Dassen Island Drive Yzerfontein 7350 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.360366138971 18.159787930688