85 on Park

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

85 on Park is in Perlemoenbaai langs Gansbaai geleë en bied gehalte-vakansieverblyf met maklike toegang tot die strand, winkels, restaurante en vele meer. Daar is vermaak vir die kinders by die getypoel en speelpark af in die straat.

Die akkommodasie is op die eerste verdieping van 'n drieverdiepinghuis. Die eienaars woon ook in die huis, maar gaste het privaatheid.

Daar is slaapplek vir 6 gaste in 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die ander twee slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Gehalteperkallinne en groot donserige handdoeke word voorsien.

Die kombuisie het 'n tweeplaatstoof, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, broodrooster, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Gaste kan ook van 'n strykyster en strykplank gebruik maak. Die skoonmaakprodukte in die huis is gryswatervriendelik.

Die oopplan-leefarea het gemaklike sitplek, 'n TV met DStv en skuifdeure wat toegang tot 'n balkon met gedeeltelike see-uitsigte bied. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi gedurende hul verblyf. Daar is vermaak soos DVD's, bordspeletjies en boeke om gaste besig te hou.

Dié omgewingsvriendelike huis maak van 'n gryswatersisteem en LED-ligte gebruik. Komplimentêre organiese seep, sjampoe en ander toiletware word in albei badkamers voorsien. Elke badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die balkon het stoepmeubels.

Slaapplek

'n Bespreking by 85 on Park sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensie geriewe

  •  DVD-speler
  •  Internet
  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 85 On Park gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]