9 @ Vanderschyff
Beskrywing
Dié eenheid is op die grondvedieping en het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n driekwartbed. Gaste het toegang tot 'n gedeelde badkamer met 'n bad, stort en 'n wasbak en 'n aparte toilet. Dié eenheid het 'n uitsig oor die tuin. Die kombuis is met 'n stoof, mikrogolfoond, 'n yskas, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n sitarea met 'n TV met OpenView. Gaste kan in die tropiese tuin ontspan. Parkeerplek word voorsien en 2 van die parkeerareas is onderdak. Gaste het toegang tot 'n stoep met 'n vrystaande braai en 'n swembad. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die eenheid/kamer het
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
- •Nie rook
- •Privaat ingang
Badkamer
- •Bad
- •En-suite
- •Aparte toilet
- •Stort
Kamergeriewe
- •Eetkamer
- •Waaier
- •Kaggel
- •Klein kombuis
- •Sitkamer
Elektriese Toebehore
- •Yskas
- •Mikrogolfoond
- •Oond
- •Stoof
Ekstras
- •Tee en koffie skinkbord
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Rook is in die kamers verbode.
Neem asb. kennis dat dele van die eenheid via trappe bereik word en is dus dalk nie geskik vir kinders, bejaardes of gaste met gestremdhede nie.
Let wel dat daar ander mense op dieselfde perseel woon.
Neem asb. kennis dat 'n swembad vir alle gaste van beide eenhede beskikbaar is, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 5 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Der Schyff-straat 9, Annlin, Pretoria, 0182, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom