9 Fern Rest

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

9 Fern Rest bied selfsorgverblyf in die Camphor Tree Cottage wat in die bekoorlike dorpie, Hoekwil geleë is. Die kothuis is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek naby verskeie besienswaardighede op hierdie deel van die Tuinroete.

Camphor Tree Cottage beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer is toegerus met 2 enkelbeddens. Hierdie twee kamers het toegang tot 2 aparte badkamers; die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Die kothuis het ook 'n kombuisie wat toegerus is vir basiese selfsorg. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n skottelgoedwasser.

Die leefarea langsaan het 'n etenstafel met sitplek vir 6, 'n TV met sekere DStv-kanale, Netflix en 'n ingeboude kaggel. Gratis WiFi is ook in die huis beskikbaar. Die leefarea lei na die veranda wat spog met 'n ingeboude braai-area, 'n swaai-bankie en 'n hangmat.

Camphor Tree Cottage is ongeveer 5 km vanaf die hoofrestaurante en naby natuurreservate, Wildernis se strande, perdryroetes, fiets-, stap- en voetslaanroetes in die inheemse woude. Doendinge sluit ook gholfbane, vierwielmotorfiets- en bergfietsroetes en valskermsweef in.

Slaapplek

'n Bespreking by 9 Fern Rest sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9 Fern Rest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 675 R2 274 per nag (vir 5 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za