9 On Devenish Self-catering Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

9 On Devenish het 2 bekoorlike selfsorg-gesinseenhede in die hartjie van die Karoo in Beaufort-Wes. Dit is geleë net soos jy afdraai van die N1 af, in die Wes-Kaap.

Daar is 'n drieslaapkamer-eenheid met slaapplek vir
6 gaste. Die eerste kamer het 'n dubbelbed, die tweede kamer het 2 enkelbeddens en die derde kamer het 'n dubbelbed. Die gedeelde badkamer het 'n bad en stort. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, mikrogolf, ketel, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n tafel in die oopplan-leefarea. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Daar is 'n ook braaigeriewe.

Die tweede eenheid het slaapplek vir 4 mense in 1 slaapkamer. Die kamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Daar is 'n ekstra uittrekmatras op die vloer beskikbaar indien nodig. Die badkamer het slegs 'n stort. Die kombuis is toegerus vir selfsorg en het 'n yskas, mikrogolfoond, ketel, breekware en eetgerei. Daar is 'n ontbythoekie in die kombuis met sitplek. Die leefarea is ingerig met gemaklike rusbanke en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Lugversorging in die slaapkamer. Daar is ook 'n klein binnehof met 'n braai.

Gaste is welkom om die gedeelde swembad en braaigeriewe op die perseel te benut. Ons bied ook veilige parkeerplek.

Ons is stapafstand van verskeie restaurante, koffiewinkels en die Chris Barnard museum af. 'n Daguitstappie na die Karoo Nasionale Park is net 10 km ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9 On Devenish Self-catering Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]