9 on Wigget

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

9 on Wigget is in Groot-Brakrivier geleë en bied gehalte-vakansieverblyf, ideaal vir ’n gesin of groep vriende. Dis maklik bereikbaar vanaf winkels en restaurante en ook naby strande en die geriewe van Mosselbaai.

Die ruim, dubbelverdiepinghuis het 4 slaapkamers en bied slaapplek aan 8 gaste.

Die grondverdieping het 2 slaapkamers met ’n badkamer. Elke kamer het ’n dubbelbed en die badkamer het ’n bad, stort, toilet en wasbak. Die sitarea is ook op die grondverdieping en het gemaklike sitplek, ’n TV met DStv en ’n oopplan-kombuis met ’n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Daar is ook ’n skottelgoedwasser.

Die eetarea het oorgenoeg sitplek en ’n binnebraai-area. Die braai-area lei na ’n stil agterplaas.

Die boonste verdieping het 2 slaapkamers met en suite-badkamers en ’n ruim leefarea.

Daar is ’n dubbelmotorhuis op die perseel asook oorgenoeg oop parkeerplek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9 On Wigget gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za