9 Tradewinds Circle

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

9 Tradewinds Circle is 'n ruim selfsorghuis wat op 'n heuwel in die Atlantic Beach Gholflandgoed in Melkbosstrand geleë is. Die groot, oopplan-huis kyk uit oor die Links-gholfbaan se 7de putjie, asook op die bekende Blaauwbergheuwel. Gaste het toegang tot al die geriewe wat op die landgoed beskikbaar is, soos die gholfbaan, tennisbane en 'n gimnasium. Atlantic Beach is heeltemal beveilig en het 24 uur-sekuriteit met wagte.

Dié huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n kombuis wat volledig toegerus is, 'n oopplan-sitkamer en -eetkamer, en 'n aparte TV-kamer. Die huis het 3 TV's met DStv, asook WiFi. 9 Tradewinds Circle is ideaal vir 'n gesin met kinders en sluit 'n swembad, trampolien, tafeltennis en 'n pooltafel in.

Daar is 'n lieflike onderdakbraai-area buite, asook 'n swembad in die pragtige tuin. Dié area bied 'n uitsig oor die gholfbaan en het 'n vuurput. Daar is oorgenoeg parkeerplek.

Daar is ook 'n skoonmaakdiens beskikbaar wat die swembad, tuin en die braai-area insluit. Betalings moet direk aan die skoonmaker gemaak word.

Doendinge sluit gholf, voëlkyk, wildkyk in die omgewing en ontspanning in. Die klubhuis het 'n kroeg en restaurant en is net 'n klein entjie se stap.

Slaapplek

'n Bespreking by 9 Tradewinds Circle sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 9 Tradewinds Circle gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]