Zimbali Akkommodasie by 9 Yellowwood | LekkeSlaap
+42

9 Yellowwood

Selfsorg
Spesiale Aanbod 30% af

Kry 30% af. Geldig vanaf 20 Mei 2020 tot 30 Nov 2020.

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Yellow Wood-rylaan 9, Zimbali Kusoord, 4439, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R10 286 R7 200 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

9 Yellowwood is 'n ultra-moderne, stylvolle en ruim huis in Yellowwood-rylaan in die Zimbali Kusoord. Dié huis sal jou met die intrapslag beïndruk, en is net 'n klein entjie van die Fairmont Hotel af en naby die oord se geriewe. Met 'n uitsig oor die see oral in die huis, is dit ideaal vir besoekers wat op soek is na alles wat Zimbali het om te bied.

Die huis het slaapplek vir 12 gaste in 6 slaapkamers. Daar is 5 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer, wat oor 2 verdiepings versprei is. Die sesde slaapkamer is buite en kan vir 'n au pair of ekstra gaste as slaapplek ingespan word. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die res van die slaapkamers het koningingrootte-beddens. Die badkamers het stort, baddens of albei.

Die goed toegeruste fynproewerskombuis is indrukwekkend en met alle geriewe, insluitend 'n gas- en elektriese stoof, dubbeldeuryskas-vrieskas en 'n aparte opwaskamer, toegerus. Die 2 sitareas, een op elke verdieping, is perfek vir groot gesinne wat op soek is na ekstra ruimte. Die sitarea op die onderste verdieping het 'n skuifdeur wat na die buite-kuierarea met 'n privaat swembad en verhitte Jacuzzi lei. 'n Gasbraai is ook beskikbaar vir wanneer gaste luilekker om die swembad wil kuier. Die huis spog met 'n kroeg waar gaste die sportwedstryd kan dophou terwyl hulle ook oor die see uitkyk. Gratis WiFi is oral in die huis beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by 9 Yellowwood sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ligging

  • Yellow Wood-rylaan 9, Zimbali Kusoord, 4439, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R10 286
Vanaf R7 200
per nag (plek vir 12)
was R10 286
Vanaf R7 200
per nag (plek vir 12)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Yellow Wood-rylaan 9, Zimbali Kusoord, 4439, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA15399603df82205c2a8e1a9575bc2d7afb045cf2baf6797583a7ae4220779dac3cdafd04ea3b6ca000c49b476f5b04d34d57?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R10 286, nou Vanaf R7 200  per nag (plek vir 12) 9 Yellow Wood Drive Zimbali Coastal Resort 4439 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.561771680046 31.188809764557
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za