90 Atlantic Drive

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

90 Atlantic Drive Yzerfontein is in Pearl Bay en sowat 1 km van die strand af en 3 km van die dorpie af.

Verblyf is beskikbaar in 3 woonstelle wat die Hoofhuis, Ateljee op die boonste verdieping en Kothuis op die onderste verdieping insluit. Die Ateljee en Kothuis het elkeen slaapplek vir 2 gaste en is ten volle toegerus vir selfsorg. Die ten volle toegeruste huis het slaapplek vir 4 gaste.

Elke woonstel het privaat braaigeriewe, ingange en parkeerplek op die perseel agter afstandbeheerde hekke. Al 3 eenhede kan afsonderlik of saam bespreek word wat ideaal is vir 'n groep vriende of gesinne.

Linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring. Volledige DStv is beskikbaar in elke eenheid.

Yzerfontein is in 'n hawedorpie in die skilderagtige Weskus. Dié rustige kusdorp is ongeveer 80 km vanaf Kaapstad, en is gewild vir sy pragtige strande, seisoenale veldblomme, gewilde visvangplekke en sy asemrowende natuurskoon. Jou vriendelike gasvrou, Charmain, sal die ekstra myl loop om te verseker dat jou verblyf by 90 Atlantic drive onvergeetlik is.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 90 Atlantic Drive gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za