90 Eden Sands

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

90 Eden Sands is in Winkelspruit aan KwaZulu-Natal se Suidkus geleë en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Dié woonstel is op die tweede verdieping en beskik oor 2 slaapkamers met slaapplek vir 4 gaste. Die hoofslaapkamer, sowel as die tweede kamer, het elk 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kamers het plafonwaaiers. Linne word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitkamer het gemaklike banke en 'n 43 duim-platskerm-TV met DStv.

Daar is gemeenskaplike braaigeriewe en parkeerplek vir 1 voertuig op die perseel beskikbaar.

Winkelspruit se strand is die hoof swemstrand en is 400 m van die woonstel af. Hierdie strand word beveilig met haainette en tydens skoolvakansies is daar lewensredders aan diens. Daar is ook 'n getypoel vir kinders.

Slaapplek

'n Bespreking by 90 Eden Sands sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 90 Eden Sands gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za