91 Long Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

91 Long Street is 'n groot selfsorghuis in McGregor. Die huis is pragtig opgeknap en bied slaapplek vir 6 gaste.

Dié huis het 3 en suite-kamers met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer. Een van die badkamers het 'n bad en 'n stort en die ander 2 het storte. Gehaltelinne en snoesige, groot badhanddoeke word voorsien. Die kombuis is volledig toegerus met 'n elektriese stoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Opwasmiddel en tablette vir die skottelgoedwasser word voorsien. Die sitkamer het 'n TV, CD-speler, Hi-Fi en iPod-koppelstasie.

Kinders is welkom en troeteldiere word slegs toegelaat indien dit vooraf gereël word. 'n Braairooster en -tang is beskikbaar, maar gaste moet hul eie vuurmaakhout en houtskool bring.

Buite is daar 'n lekker groot stoep met braaigeriewe en 'n uitsig oor die wingerd, olyfboord, berge en platteland.

Slaapplek

'n Bespreking by 91 Long Street sluit in:

4 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 91 Long Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 250 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za