92 Atlantic Villa and Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

92 Atlantic Villa and Cottage is in Yzerfontein en kyk oor Dasseneiland, die Atlantiese Oseaan en Tafelberg uit. Verblyf word in 'n hoofslaapkamer, 3 gastekamers en 'n aparte kothuis aangebied. Daar is slaapplek vir 10 gaste, 2 in die kothuis en 8 in die villa. Die kothuis kan apart of saam met die villa bespreek word.

Die hoofslaapkamer is heeltemal privaat en het 'n pragtige uitsig. Daar is 'n kaggel, sitarea, yskassie, aantrekkamer, studeerarea, platskerm-TV met DStv en Netflix, en 'n luukse badkamer. Die 3 addisionele slaapkamers is op die onderste verdieping. Een van die slaapkamers het 'n en suite-badkamer met 'n sitarea en 'n platskerm-TV met volledige DStv. Die ander 2 slaapkamers deel die gebruik van 'n badkamer.

Die oopplan-leefarea het 'n sitkamer, kaggel, TV-area met DStv en Netflix, 2 aparte eetareas en 'n gastetoilet. Die kombuis het 'n gasstoof, 2 yskaste en 'n ysmasjien. Die aparte opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die villa is enige gasheer se droom en spog met 'n asemrowende uitsig en ontspanningsarea. Die tuin het 'n beskutte vuurput en 'n sitarea. Die voortuin het 'n ruim patio en braai-area.

Dis heeltemal apart van die hoofvilla en kan saam bespreek word. Die kothuis het 'n koningingrootte-bed, 'n platskerm-TV, DVD-speler, 'n kombuis, sitarea en 'n badkamer met sy eie ingang.

Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Oorgenoeg parkeerplek is op die perseel beskikbaar en 'n dubbelmotorhuis is beskikbaar indien die kothuis en die villa saam bespreek word. Indien die kothuis apart bespreek word, is 1 motorhuis vir die kothuis beskikbaar.

Die Weskus Nasionale Park is 28 km van die villa af en Kaapstad Internasionale Lughawe is 101 km ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 92 Atlantic Villa And Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za