Richmond Akkommodasie by A Karoo Manor-Marinas | LekkeSlaap
+11

A Karoo Manor-Marinas

79 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 79 resensies vir A Karoo Manor-Marinas
Netheid
4.6/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.4/5
Karen B - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Karen B
Gesin met tieners

Uiters swak.

Handdoeke oud, uitgerafel en ruik na rook. Beddens wankelrig, matrasse hol. Beddegoed vol kolle. Stort verstop. Melk suur.

A Karoo Manor-Marinas's terugvoer

Ons is jammer dat julle moes oorslaap op die aand wat elke liewe kamer vol bespreek was, die dorp se krag af was, dit 40 grade was, die lugverkoeling nie kon werk a.g.v. krag ens. nie en almal gefrustreed was.
Ons het alles na die bes van ons vermoë daardie aand gedoen om almal so gemaklik as moontlik te maak. Die bed wat ons daardie selfde aand na gekyk het, kon ons tot vandag nie fout vind nie, en ja, soms in seisoen tyd gebeur dit dat van die ouer skoon handdoeke ingespan moet word weens omstandighede.
Ons het egter reeds daardie aand vir u alles verduidelik en probeer om u frustrasies te verlig.

A Karoo Manor-Marinas
Marnus S - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
5/5
Marnus S

Fantastiese oornag verblyf.

Ons is hartlik ontvang deur Liezel en sy het ons sommer gou tuis laat voel. Sal enige tyd weer by Karoo Manor-Marinas oornag en kan dit werklik aanbeveel.

Sandy V - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sandy V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome service.

I have stayed here before and our stay was great again as always!

Paul L - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Paul L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Bekostigbare en eenvoudige verblyf in Richmond.

Die kamer was eenvoudig maar skoon en heeltemal voldoende. Restaurant langsaan was baie gerieflik.

Lara J - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Lara J
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik, goed vir 'n oornag op pad Kaap toe.

Heerlik gebly en geëet! Ons kom weer in Januarie oorstaan. Ons gunsteling oornag op pad Kaap toe veral omdat hul-troeteldier vriendelik is!

Elaine K - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Elaine K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Dit was lekker alhoewel dit kort was.

Karoo Manor is mooi versorg en goeie opknappings was aan die ou huis gemaak. Ons het veilig gevoel alhoewel die kar wat buite gestaan het bietjie angs aangewek het.

A Karoo Manor-Marinas's terugvoer

Dankie vir die mooi terugvoer. Ek wil net asseblief duidelik maak vir ander gaste dat die motor agter geslote hekke is wat met 'n remote werk, 'n hek waar mens nie kan deursien nie en dat daar kamara's op is. So die motor was darem agter geslote hekke met soveel moontlik sekuriteit as wat mens kan bied, net nie onder afdak of toesluit motorhuis nie. Dankie vir die oorslaap asook terugvoer, dit word waardeer.

A Karoo Manor-Marinas
Deon C - Mei 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Deon C
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Plekkie met karakter!

Die verblyf was heerlik, skoon en baie ruim met yskas en ketel wat dinge vergemaklik. Die Krip restaurant het baie karakter en ons was geakkommodeer op 'n Sondagaand met die nodige. Die tuisgemaakte bobotie en rys was heerlik, het net net 'n tuisgemaakte blatjang gekort. Die hoenderfillet porsie was effe klein en het 'n sousie gekort .Die heerlike rooiwyn en vriendelikheid het opgemaak vir die tekorte. Baie lekker rustig gebly en geniet!

A Karoo Manor-Marinas's terugvoer

Baie dankie waardeer dit.

A Karoo Manor-Marinas
Adriette L - Mrt 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
3/5
Adriette L

Voldoende vir die aand se verblyf.

Ons het bietjie gesukkel om iemand se aandag te trek met aankoms en moes eers die kontaknommer skakel. Nadat ons eers in is en die kar veilig agter die hek geparkeer het, was die verblyf egter heel op standaard. Die lugversorging het baie gehelp in die hitte en, dis miskien 'n simpel ding, maar die waterdruk was uitstekend. Dit het tot my tandepasta van die tandeborsel afgespuit! Die kamer was net reg teen die straat met baie mense wat verbyloop so ons kon nie die venster oopmaak nie en dit laat mens maar ingehok voel. Die restaurant langsaan kon raserig gewees het, maar was gelukkig nie. As dit nie die laaste aand van ons reis was nie, sou ons daar gaan aansit het. WiFi sou 'n lekker gerief gewees het, maar is ook nie broodnodig nie. Die kragpunte by die ketel moet bietjie beter bedink word. Als in ag geneem was dit op standaard vir een aand se oorslaap.

A Karoo Manor-Marinas's terugvoer

Dankie waardeer jul insette. Die Krip het WiFi. So in die binnehof sou jul kon opvang, jammer dat hul jul nie ingelig het nie.
Groete en dankie

A Karoo Manor-Marinas
Alta B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alta B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heerlik.

Baie goeie waarde vir geld. Sal vir seker weer hier oorbly.

Kate B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Kate B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Very comfortable room to rest for the night.

We had a good nights sleep in a comfy bed. The appreciated the aircon and the fan. We found the little pub and restaurant was very quaint. The room was a good size and a comfy place to rest.

Sonja R - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sonja R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Alles wat jy nodig het vir 'n kort verblyf.

Altyd aangenaam om hier oor te slaap. Ons sien altyd uit na die heerlike kos wat voorgesit word. Die kamers is netjies, skoon en gerieflik.

Ian K - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ian K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Eg outydse losieshuis atmosfeer.

Vriendelike mense, gerieflike verblyf, kroeg en restaurant met unieke karakter en die heerlikste Karoolam.

Kitty S - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Kitty S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Vriendelike diens en gerieflike kamer.

Die kamer was gerieflik en skoon met genoeg koffie om voor ons vertrek die volgende oggend nog 'n koppie koffie te drink. Die gasvrou was vriendelik and behulpsaam. Ons sal definitief weer daar oorslaap as ons moet.

Anton L - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anton L
Gesin met tieners

Baie gerieflike oorslaapplek na 'n lang dag op die pad.

Ons kan dié plek aanbeveel vir skoonheid en netheid. Die personeel was hulpvaardig en vriendelik. Hoewel ons ons eie aandete gebraai het, het Die Krip Restaurant se etes heerlik en na goeie waarde vir geld gelyk. Sal weer hier bly.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Very convenient rest-over after a long day of travel.

We can recommend the venue for cleanliness and neatness. The staff was also very helpful and friendly. Although we braaied our own dinner the meals served from "Die Krip Restaurant" looked very appetising and good value for money. Will stay here again.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Charles J - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Charles J
Saam met eggenoot / lewensmaat

We enjoyed the blast from the past namely the farm theme and atmosphere.

We arrive and was received very warm. The place is clean and cosy due to the farm atmosphere. We enjoyed the restaurant that cater some of the best sheep dishes available. Will definitely go back and stay there.

Quintus V - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Quintus V
Gesin met klein kinders

Redelik aanvaarbaar vir oornag verblyf.

Restaurant was glad nie opgewasse vir die aantal gaste/besoekers nie. Baie beperkte beskikbaarheid op spyskaart en wynlys was 'kom kies self watter een van die 2 bottels beskikbaar meneer wil hê'.

Jarine W - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Jarine W
Saam met vriende

Oulike kamer, maar kan beddegoed oordoen, oud.

Kamer goed toegerus. Beddegoed effe ouh en nie 100% skoon gelyk. Handdoeke snaakse klam reuk aangehad. Veilig gevoel, goed geslaap, maar so plekkie het baie meer potensiaal.

Marinda B - Jan 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marinda B
Gesin met klein kinders

Vriendelik en gasvry en pragtig!

Die personeel het laataand opgewag. Ten spyte daarvan, het hulle ons so vriendelik ontvang. Baie dankie vir die voorreg om so lekker te kon oornag!

Otto S - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Otto S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Excellent service.

Staff is friendly and the rooms are neat.

Amanda F - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Amanda F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Needs attention and maintenance.

Our bathroom had wall tiles missing and the bathroom blinds were dirty and dusty. The pressed ceilings are attractive and the staff are friendly. A coat of paint and some attention to better cleaning would improve this accommodation a lot.

Linda S - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Linda S
Gesin met tieners

Friendly super helpful staff. Pleasant overnight stay.

Enjoyed overnight stay and dinner at restaurant.

Gail R - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Gail R
Saam met eggenoot / lewensmaat

A very pleasant stay with friendly and helpful staff.

See stars.

Alet G - Okt 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alet G
Saam met vriende

Was soos 'n vakansie op sy eie met gasvrye mense en heerlike kos.

Was soos 'n tuiste weg van die huis. Gasvrye personeel, baie lekker kos en mooi kamers. Kon nie vir beter vra.

Martinus P - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Martinus P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie gasvry, netjies en gerieflik.

Het lekker geslaap, was netjies en skoon en veilig.

Johan S - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker gebly, vriendelik ontvang.

Lekker kamer gehad met lugversorging en badkamer met stort en bad. Daar was 'n elektriese kombers op die bed en die ontvangsdame het vir ons 'n spyskaart gebring en sommer die maaltyd van ons keuse kamer toe gebring. Sal weer by A Karoo Manor-Marinas oorslaap. Dis bietjie verder as halfpad van Johannesburg na Kaapstad en 'n goeie vroeë ruskans na die lang pad.

Maryke F - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Maryke F
Enkelreisiger

Goeie stop en breuk na 'n lang pad.

Ek het 'n baie lekker ete geniet, rustig geslaap en goeie ontbyt geeët! Almal was vriendelik en hulpvaardig.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Great stop and break after a long road!

I had a very good meal, peaceful sleep and good breakfast! Everybody was very friendly and helpful.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Hennie V - Mei 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Hennie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik en skoon.

Tweede keer hier oorgeslaap en kan dit met vrymoedigheid aanbeveel!

Frank T - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Frank T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker waarde vir geld oorslaapplek.

Voor ons aankoms het die gastehuis 'n boodskap ter bevestiging gestuur omdat hulle ons nie per selfoon kon bereik nie. Die ontvangs was vriendelik en blitsvinnig. Die kamer was skoon en netjies en alles was soos geadverteer. Die Krip restaurant, wat reg lang A Karoo Manor-Marinas is, is 'n heerlike kuierplek met 'n unieke kroeg. Die jong kroegman, Ruiter, is 'n ster. Die lamskenkel (De Aar Karoo lammers verstaan ek) is 'n wenner! Beveel A Karoo Manor-Marinas (en hulle restaurant) beslis aan.

Madeleine S - Feb 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Madeleine S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderlik.

'n Juweel in die Karoo. Beveel dit aan.

Marie F - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marie F

Dit was aangenaam.

Baie oulike plek, personeel vriendelik en die restaurant se kos is heerlik.

Daniel Johannes E - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Daniel Johannes E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Was aangenaam verras oor die verblyf en die vriendelike ontvangs.

Ons was op pad terug Kaap toe vanaf Johannesburg en het gesoek vir 'n halfmerk-oorslaap verblyf. Richmond het daaraan voldoen. Ons het na die resensies gekyk en was verbaas om byna geen negatiewe opmerkings te sien nie. Almal het ook die kos aanbeveel. Ons was die heeltyd op hoogte gehou en navraag is gedoen oor ons aankomstyd. Die personeel was baie vriendelik en kamer was skoon en reg by aankoms. Die yskas en lugversorger het perfek gewerk. Die aandete was groot waarde vir geld. Ons sal in die toekoms weer daar oorslaap. Baie dankie vir 'n aangename verblyf.

Charlene W - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Charlene W
Gesin met klein kinders

Iets uit 'n Suid-Afrikaanse storie/fliek/verhaal.

Richmond is ryk in gasvryheid, vriendelikheid en dis eg Suid-Afrikaans. A Karoo Manor-Marinas het my laat voel ek leef 'n toneel uit een van Suid-Afrika se rolprente soos Klein-Karoo. Die kamers was netjies en skoon en die restaurant het gesorg vir smaakvolle kos, en 'n lekker gevoel oor die algemeen.

Lance M - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Lance M
Gesin met tieners

Genotvol.

Sien sterre.

Gerry W - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gerry W
Saam met vriende

Ideaal vir oorslaap op pad na die Kaap.

Moes bietjie soek want ons het tafel en stoeltjies gesoek. Ons het rustig geslaap en kon uitgerus verder gaan.

Christo V - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Christo V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker cosey.

As jy moeg is en jy kry 'n skoon netjiese kamer dan voel jy sommer gou beter. Veral met so lekker restourant by jou voordeur.

Henda M - Jan 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Henda M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie rustige omgewing, veilig, vriendelike behulpsame mense!

Baie vriendelike behulpsame mense pragtige kamers, pragtige restaurant en 'n stunning bar! Sal beslis teruggaan soontoe, was die moeite werd!

Anita S - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anita S
Gesin met klein kinders

Heerlik, gemaklik en vriendelik!

Ek sal definitief weer kom kuier en langer bly volgende keer om die dorpie beter te leer ken. Die kamer was net wat ons benodig het en baie stil en rustig al was dit 'n dag of so voor nuwe jaar!

Pieter D - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter D
Gesin met klein kinders

Puik keuse.

Uitstekende en ruim akkommodasie. Eetplek was ook gesellig.

Johan D - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan D

Baie gasvry, veilig, skoon en rustig.

Skoon, veilig, goeie ontvangs en goeie kos by Die Krub.

Ockie V - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ockie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Fantastiese diens en rusplek.

'n Ongelooflike lekker vibe wat deurgevoer word deur die Krip (restaurant en kroeg). Fantastiese kos saam met skoon en netjiese kamers. Werklik 'n stop wat aan al die vereistes voldoen. Ps: kry vir jou 'n lamb shank, jy sal beslis nie spyt wees nie.

Marelize P - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marelize P
Gesin met tieners

Gerieflik.

Die kamers is goed ingerig en gerieflik na lang pad. Die kos by die Krip was heerlik.

Rochelle N - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Rochelle N
Gesin met tieners

Pragtige Karoo dorpie.

Dit was ons 2de keer wat ons daar oorgebly het.

Louie K - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
2/5
Louie K
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oorprys.

Yskas het so lawaai dat ons hom moes afskakel. Webtuiste dui uitkloktyd aan as 10:00, hoewel Marinas aandring dis 9:00. Die ontbyt was ongelooflik oorprys - kry nie eers genoeg botter vir jou roosterbrood nie. Ook geen stort in die badkamer nie.

A Karoo Manor-Marinas's terugvoer

Jammer dat jul voel jul was ingedoen. Ek is darrem ook oortuig dat sou jul vra vir meer botter die meisies meer as bereid sou wees om te gee. En dan weet ek nie of u onlangs vleis gekoop het nie maar die ontbyt het 3 vleis soorte op die bord en ek kan u verseker dis nie uitgeprys nie. Maar soos ek sê, jammer dat dit u gevoel was.
Dankie vir die inligting oor die yskas.

A Karoo Manor-Marinas
Zhaantel S - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Zhaantel S
Gesin met klein kinders

Ons verblyf was kort, maar het die rustigheid en vriendelikheid wardeer.

Ons het 'n vertraging op die pad gehad en laat gearriveer. Reinette was deurentyd baie vriendelik en behulpsaam. Sy het ons laat voel soos eregaste en is beslis 'n goeie advertensie vir A Karoo Manor-Marinas. Die kamer is gerieflik en baie smaakvol. Dankie vir 'n heerlike rus.

Pieter-ernst P - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Pieter-ernst P
Saam met eggenoot / lewensmaat

Te kort.

Het oorgebly vir boekefees. Was te kort.

Johan S - Des 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan S
Enkelreisiger

Rustige, netjiese plek met restaurant vir aandete.

Heerlike stop vir iemand van Gauteng. Moeg gery en betree 'n netjiese, skoon gastehuis. Ontvangs vriendelik. Heerlike restaurant. Lekker geslaap.

Herman B - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Herman B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Sterk aanbeveel.

Baie dankie vir die baie lekker verblyf by julle. Ons het dit regtig baie geniet. Julle plek is regtig die moeite werd. Kos by die Krip was uitstekend. Sal graag wil hê dat ontbyt vroeër bedien word vir mense wat vroeg wil vertrek. Sal beslis weer van julle gebruik maak.

Sonja R - Nov 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sonja R
Saam met eggenoot / lewensmaat

Netjies en skoon - aanbeveelbaar.

Ons het vroeg aand gearriveer. Die vriendelikheid van Reinet en span was ongelooflik. Om nie eers te praat van die heerlike aandete wat ons daar geniet het nie. Lekker buite gesit en gekuier. Kamers is baie skoon en netjies. Als wat ons nodig gehad het, was daar. Goeie sekuriteit.

Elbie H - Okt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Elbie H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Gerieflik en bekostigbaar.

Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam. Aandete was baie smaaklik. Die kamer was lekker ruim met 'n yskas wat 'n bonus was. Daar is egter 'n bietjie onderhoudwerk nodig in die badkamer en kamer (verfwerk) en nuwe beddegoed word aanbeveel.

Dorothy M - Aug 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dorothy M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie goeie en tevrede ervaring.

Dit was lekker om in die Karoo te oornag in veiligheid, waar almal vriendelik is en die kos puik.

Alet L - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Alet L
Gesin met tieners

Die perfekte oorslaapplek na 'n lang dag in die motor.

Heerlike blyplek, skoon, netjies, lekker elektriese komberse teen die koue en fantastiese restaurant op die perseel. Vriendelike en behulpsame diens in beide die gastehuis en die restaurant.

Christoff V - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christoff V

Heerlik warm geslaap!

Lekker ou dorpshuis met goeie geriewe en hulpvaardige personeel.

Douglas C - Jul 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Douglas C
Saam met eggenoot / lewensmaat

Awesome, amazing en so cute!

Ons aankoms tot ons vertrek was so aangenaam gemaak deur alle personeel. Aandete in Die Krip met die heerlike oop houtvuur was heerlik en die spyskaart was uit die boonste rakke. Ontbyt was heerlik en het so welkom en spesiaal gevoel. Met ons vertrek het ons besluit om miskien weer daar tuis te gaan vir 'n aand of twee voor ons teruggaan Natal toe.

Corné B - Jun 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Corné B

Baie vriendelik, maar die enkelbeddens was ongemaklik en beknop.

Dis 'n ontspanne omgewing en vriendelike behandeling. Hulle het ook die ekstra myl gestap deur vir my vir 'n telefoongesprek, 'n kamer te voorsien vir ongeveer halfuur. Ook het hulle vir ons die restaurant die Sondagoggend gaan oopsluit om te besigtig. Ek het veilig gevoel om daar te oornag. Die plek is ook baie netjies en baie moeite is gedoen met die versiering van die gastehuis.

A Karoo Manor-Marinas's terugvoer

Dankie vir jou resensie, ek sal beslis aandag gee en gaan kyk na die enkelbeddens se ongemak soos jy aanbeveel.
.
Groete

A Karoo Manor-Marinas
Johan B - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Johan B
Gesin met tieners

Lieflike verblyf.

Baie oulike plekkie met baie karakter. Kamers is groot en skoon, restaurant en kroeg het baie karakter met vriendelike personeel. Sal weer hier kom oorslaap.

Vincent P - Mei 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
4/5
Vincent P
Enkelreisiger

Jy sal ver moet gaan om hierdie gasvryheid te klop.

Die mense van Marina's is onverbeterlik. Gasvryheid en diens uit die hoogste rakke. Veral Felicity en Victor was 1ste klas..

Ina H - Apr 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Ina H
Saam met eggenoot / lewensmaat

Puik diens!

Sien sterre.

Marliza V - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Marliza V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Lekker geslaap!

Sal hierdie verblyf vir enige persoon aanbeveel.

Koos S - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Koos S
Enkelreisiger

Lekker verblyf en heerlike aandete gehad.

Lekker verblyf en heerlike aandete gehad. Die ou druiweprieel bied lieflike skaduwee in die somer.

Mercia G - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Mercia G
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtige kamers en goeie diens.

Pragtige plek! Baie rustig en stil om te slaap. Personeel vriendelik en baie behulpsaam. Sal aanbeveel vir goeie oornag.

Bielie V - Mrt 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Bielie V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Nie oomblik spyt ek het my "gut feeling" gevolg om hier te oornag nie!

Definitief 'n moet wanneer oorweeg word om te oornag op pad Kaap toe of terug. Spesiale vermelding aan Reinette wat ons so mooi ontvang en na als omgesien het.

Danie F - Feb 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Danie F

Uitstekend!

Baie dankie vir die baie lekker verblyf daar by julle. Ons het dit regtig baie geniet. Was net bietjie verwarrend om die plek te kry, omrede die strate nie regtig name op het nie, (of ons kon nie die name sien nie). Julle plek is regtig deur en deur die moeite werd, en die kos by die Krip was uitstekend. Sal beslis weer van julle gebruik maak, en ook sterk aanbeveel.

Mbali M - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mbali M
Saam met eggenoot / lewensmaat

Wonderful!

Wat 'n wonderlike verrassing, die kamers is eintlik groter as wat hulle op die foto's lyk! Die personeel was vriendelik en behulpsaam. Dit was ook gerieflik dat daar 'n restaurant op die perseel is, ek wens tog dat daar vegetariese en vegan opsies beskikbaar was. Ek was amper jammer dat dit 'n gejaagde eennagstop was, ek wens ons het langer gebly sodat ons die dorp meer kon verken.

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Wonderlik!

What a wonderful surprise, the rooms are actually bigger than they look on the photos! The staff was friendly and helpful. It's also convenient that there's a restaurant on site, I do wish though that it had vegetarian and vegan options. I was almost sorry it was a hurried one-night stop, I wish we had stayed longer to explore the town more.

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Natie L - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Natie L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uitstekend.

Dis ons tweede keer en sal weer teruggaan! Voorwaar 'n genot om daar oor te bly!

Marianne K - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Marianne K
Saam met eggenoot / lewensmaat

'n Absolute juweel in die Karoo.

A Karoo Manor-Marinas was die beste waarde vir geld wat ons al beleef het, die kamers is netjies, die diens en geriewe is fantasties. Jy kan ook gerus die restaurant en kroeg besoek vir 'n baie unieke ervaring. Maak ook seker om die boekwinkel te besoek.

Annelise B - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Annelise B
Enkelreisiger

Ideale oornag in Richmond.

Gerieflik, in pas met die Karoo.

Melissa G - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Melissa G
Gesin met klein kinders

Wonderful half way stop en route to Cape Town.

Marina's is the best possible stay over on a long trip. Comfortable family rooms, clean and neat. The staff are friendly and helpful. And the restaurant serves the best Karoo lamb ever!

Danie M - Jan 2017
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Danie M
Gesin met tieners

Aangenaam verras en baie lekke geëet en lekke geslaap.

Dit is 'n lekke oorslaap plekkie. Die krip se kos en gasvryheid is net wat jy nodig het na 'n lang reis. Sal verseker volgende jaar weer daar oorslaap. 10/10.

Johan R - Des 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Johan R
Gesin met klein kinders

Baie lekker oornagstop. Sentraal geleë met alles wat nodig is vir die nag.

Sal dit aanbeveel vir 'n oornagstop. Sentraal geleë met alles wat nodig is vir die nag.

Gert V - Nov 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Gert V
Saam met vriende

Awesome dankie.

Baie lekker geslaap en aandete was baie lekker. Dankie.

Annelie T - Sep 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Annelie T
Besigheidsreis

Goed vir oornag. Heerlike ontbyt, baie dankie!

Goeie ervaring. Veilig, netjies en lekker ontbyt.

Carel V - Jul 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Carel V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie aangenaam.

Baie aangenaam. Die probleem wat ons gehad het, is met Sumi uitgesorteer. Kos by die Krip was baie goed en 'n aangename atmosfeer het geheers. Sal weer hiervan gebruik maak.

Cornel V - Apr 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
3/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Cornel V
Saam met vriende

Verblyf was baie aangenaam, kamer en badkamer was skoon en netjies, beddens gerieflik.

Ongelukkig was daar verder geen personeel aan diens nadat ons na ons kamers toe gewys is nie. Eers baie later die aand was daar 'n klop aan die deur met 'n baie onvriendelike dame wat die res van die betaling gesoek het.

Banie E - Mrt 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Banie E
Saam met eggenoot / lewensmaat

Histories, dit sal 'n plesier wees om weer te kom!

Dis 'n plattelandse dorp met plattelandse uitdagings. Stilte vir die siel is daar oorgenoeg. Bly hier vir 3 dae of meer. Praat met die mense. Die lewe is te kort om net in Richmond te oornag. Bly langer!

Karen H - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Karen H
Gesin met tieners

My verblyf was 'n groot plesier en ek was positief verras met die plek.

Die Krip Restaurant en binnehof wat deel vorm van die gastehuis was 'n fees om te beleef! Wat 'n onverwagte ondervinding na 'n lang dag se reis - werklik 'n heerlike lafenis na die lang pad en die kos was uitstekend en teen 'n billike prys. Die kamers was stil en rustig en goed gemeubileer en toegerus. Sal dit beslis aanbeveel.

Jacqueli T - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Jacqueli T
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en vriendelike ontvangs.

Baie beïndruk met die netheid en kamers. Ons het lekker geëet by die restaurant en kan die skaapnek hoogs aanbeveel. Ongelukkig het die krag afgegaan en moes hul toe geisers vir die aand afsit, so ons het geen warm water gehad toe ons wou stort voor ons ry volgende oggend nie. Vriendelike ontvangs, waarde vir geld and skoon.

Lizelle B - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Lizelle B
Gesin met klein kinders

Baie lekker geslaap en kos was heerlik.

Was 'n verfrissende stop met fantastiese aandete en ontbyt.

Mico S - Jan 2016
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Mico S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Verblyf goed, restaurant diens swak.

Personeel vriendelik. Verblyf goed. Eetplek se personeel is swak opgelei. Bier (warm) en wyn op spyskaart nie beskikbaar. Diens stadig. Tee bedien met geen bordjie om teelepel op te plaas na die tyd. Van die kos nie meer beskikbaar. Ek was so teleurgestel, het toe nie eers geëet nie.

Riaan B - Des 2015
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Riaan B
Gesin met tieners

Skoon, netjies en baie vriendelike mense.

Gerieflik naby 'n restaurant. Vriendelike hulpvaardige diens. Die kamer het als wat mens nodig het en is baie netjies en skoon. Definitiewe waarde vir geld.

Vanaf R690
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R690
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R690
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pienaarstraat 141, Richmond, 7090, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZ3e4e2ICiaL86hANNluwGHlnDuKCzlO3yZZhzU8jLJAKERK9LL?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R690  per nag (vir 2 persone) 79 5 1 5 141 Pienaar Street Richmond 7090 Noord-Kaap 086 999 0018 12:00-21:00 10:00 -31.414039369081 23.947539925575
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za