A Little Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Blits-aanbod! 30 % af

Kry 30% af vir verblyf voor 30 November 2019

TYD OOR OM TE BESPREEK

Dae

Ure

Min

Sek

Beskrywing

A Little Guesthouse is 'n gewilde gastehuis naby die N1 en 7 minute se ry van die Universiteit af. Dit is 'n plattelandse selfsorggastehuis in 'n veilige omgewing met veilige parkeerplek, gratis WiFi, lugversorging, 'n lieflike tuin en 'n uitsig. Dit dra alles tot die plattelandse atmosfeer in die stad by. Of gaste vir werk, vakansie of albei reis, sakereisigers en gesinne is welkom om hier te kom uitspan.

Nuwe toevoegings is ons vars koffie met koffiedompelpot wat in elke kamer voorsien word, gesuiwerde water, 'n nuwe ontbytkamer wat "Die Stoep" genoem word, en 'n multi-funksionele kamer wat 30 gaste kan akkommodeer. Met 'n kragopwekker, boorgatwater, 'n ekstra klein gasstoof en battery-gedrewe ligte is die gastehuis voorberei vir onvoorsiene omstandighede.

Die verblyf word in 5 selfsorg-eenhede aangebied. Die gastehuis het gemaklik slaapplek vir 12 gaste, maar indien die fokus eerder op bekostigbaarheid is, kan 19 gaste geakkommodeer word. Elke eenheid het 'n en suite-stort en 'n kombuis wat ten volle toegerus is met algemene kombuisware en elektriese toebehore soos 'n yskas, stoof, mikrogolfoond, elektriese braaipan, broodrooster en 'n ketel. Verder word gehaltelinne, komberse en handdoeke ook voorsien gedurende verblyf. Die ander kamergeriewe sluit lugversorging, elektriese komberse, 'n gasverwarmer, 'n waaier en gratis WiFi in.

Gaste kan gebruik maak van die sitkamerarea wat beskik oor 'n eetkamertafel, gemakstoele en 'n platskerm-TV met 40 DStv-kanale, insluitende sportkanale, kykNET en filmkanale.

Elke eenheid het veilige onderdakparkeerplek en 'n privaat patio met braaigeriewe. Soms word die voëlgesang in die tuin onderbreek deur 'n leeu se gebrul in die leeupark wat naby ons geleë is. Daar is wasgoeddienste in die area waar jy jou wasgoed op dieselfde dag kan gaan afhaal.

Ander besienswaardighede in die area sluit restaurante, geriefswinkels, kroeë, banke, kerke, gesondheidsentrums en vulstasies in. Die Bram Fisher Lughawe is 20 minute se ry weg en die Tempe Lughawe is net 11 minute se ry weg. Die gastehuis is naby Nelson Mandela-rylaan geleë, so gaste kan maklik toegang kry tot die Universiteit van die Vrystaat, die Sentrale Universiteit van Tegnologie, die middestad, Naval-heuwel, winkelsentrums, skole, hospitale en sportstadions.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Little Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R525 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af vir verblyf voor 30 November 2019

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za