A Mtwalume Unit 12

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Mtwalume Unit 12 is 'n selfsorg-vakansiehuis in die Mtwalume Vakansie-oord met sy eie tuin. Die kompleks is net 600 m vanaf die strand en getypoel.

Die eenheid is volledig gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelslaapbanke in die leefarea vir 2 kinders.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas, vrieskas, mikrogolf, oond, stoof en ingeboude kaste. Die sitkamer lei na die werf met braaigeriewe. Die oord bied verder 'n restaurant, swembad en speelplek vir kinders. Verder is daar 'n wasmasjien en tuimeldroër in die badkamer.

Daar is ’n dek waarop gaste kan kuier en die see-uitsig geniet.

Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Bring jou eie DStv-dekodeerder en slimkaart. Daar is ’n TV met Openview HD asook ’n DVD-speler en 50 DVD's.

Die oord is 15 km se ry vanaf Hibberdene, 35 km vanaf Port Shepstone en Scottsburgh en 50 km van Margate waar daar ’n mall, restaurante en ander geriewe om te besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by A Mtwalume Unit 12 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Mtwalume Unit 12 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za