Myoli Strand Akkommodasie by A Secret Garden Paradise Getaway | LekkeSlaap
+35
+35

A Secret Garden Paradise Getaway

Selfsorg
  • Vanaf R2 300 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 5, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

A Secret Garden Paradise Getaway is 'n ruim selfsorghuis vir 8 gaste in Sedgefield en is net 200 m van die strand af.

Dié dubbelverdiepinghuis beskik oor 4 slaapkamers en het groot balkonne met 'n uitsig oor die see en groenstrook. Twee van die slaapkamers het elk 2 enkelbeddens, die derde slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die vierde slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed. Die kamers deel 3 badkamers met baddens, storte of albei.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel in die binnebraai-area geniet word, of gaste kan in die sitarea ontspan. Die 1 sitkamer het 'n TV en die ander sitkamer het 'n knus kaggel.

Gaste kan op 1 van die balkonne ontspan, in die swembad afkoel of van die braaigeriewe gebruik maak. Die huis het 'n sekuriteitstelsel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Sedgefield bied gaste 'n lieflike strand en verskeie doendinge soos visvang, vlieërbranderry, voetslaan- en bergfietsroetes en valskermspring vir meer avontuurlustige gaste.

Slaapplek

’n Bespreking by A Secret Garden Paradise Getaway sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Claude Urban-rylaan 5, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 300
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Claude Urban-rylaan 5, Myoli-strand, Sedgefield, 6573, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb6c4ff9e1a0ad485b1404e77d65efd1e173aac07922751bb587a68c57d582e208b5857a875b1d9dbe4aaca87596a8797f433?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 300  per nag (plek vir 8) 5 Claude Urban Drive Myoli Beach 6573 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-19:00 10:00 -34.035178654445 22.808489565589
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za