A1 @ Swartrivier Studio

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A1 @ Swartrivier Studio is in Klein Berlyn, 'n woonbuurt in Kleinmond, geleë en bied gehalteverblyf wat ideaal is vir 'n paartjie, sakereisiger of 'n enkelreisiger. Die eenheid is op dieselfde perseel as die hoofhuis, maar dit is baie privaat en het sy eie ingang. Die huis is 500 m vanaf die strand en naby verskeie winkels, restaurante, 'n gholfbaan en staproetes.

Die verblyf is op die eerste verdieping en beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n dubbelslaapbank in die leefarea met slaapplek vir 2 kinders onder 14 jaar. Daar is ook elektriese komberse, waaiers en bordspeletjies vir oud en jonk.

Die ruim kombuis is met 'n mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n ingeboude braai en 'n TV met DStv.

Daar is ook buitebraaigeriewe wat gaste kan gebruik.

Slaapplek

'n Bespreking by A1 @ Swartrivier Studio sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A1 @ Swartrivier Studio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]