Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

AAA Vleesbaai

Selfsorg
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kershoutstraat 20, Vleesbaai, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Vleesbaai is 'n pragtige kusdorpie aan die Kaapse Suidkus in die Eden-distrik. Daar is 'n huis en 'n aparte woonstel wat gehuur kan word. AAA Vleesbaai bied slaapplek vir tot 10 gaste.

Die huis het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbel-, 'n enkel- en 'n stapelbed. Een badkamer het 'n hoekbad en die ander een het 'n stort. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die kombuis is goed toegerus met 'n groot stoof, yskas-vrieskas, 'n groot stoof, mikrogolf, ketel en 'n koffiemasjien. Daar is 2 leefareas, een met 'n stikamerstel wat sitplek vir 6 het, en een met 'n ingeboude braaiplek, 'n Dover-houtstoof vir wintersaande en 'n groot, soliede rottangstel met sitplek vir 6. Die stapelvoordeure kan oopgemaak word sodat gaste die wonderlike see-uitsig behoorlik kan geniet. Die huis het ook 'n dek met 'n buitebraai, pizza-oond, en 'n etenstafel met sitplek vir 8 en dit spog met 'n pragtige uitsig oor die strand en baai. Die huis het 'n TV met DStv.

Die woonstel het 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Daar is 'n enkelbed in die oopplan-leefarea wat perfek vir kind is. Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n vierplaatstoof en -oond, 'n vrieskas-yskas, ketel, koffiemasjien en genoeg breekware en eetgerei vir 4 mense. Let asb. op dat daar geen TV in die woonstel is nie.

Vleesbaai is 33 km vanaf Mosselbaai en sowat 4 ure se ry van Kaapstad en Gqeberha (Port Elizabeth) af. Die naaste lughawe is in George wat net 70 km van Vleesbaai af is. Knysna is 133 km en Oudtshoorn is 114 km vanaf AAA Vleesbaai.

Daar is wonderlike staproetes in Vleesbaai. The Dune 4x4-roete, een van ons land se vooraanstaande 4x4-roetes is ook in hierdie omgewing. Gaste kan ook lekker in die see swem, hulle saans aan die sterreprag verkyk, visvang of net die rustige omgewing indrink.

As jy eers een keer in Vleesbaai gekuier het, sal jy altyd terugkeer!

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir AAA Vleesbaai
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Robert Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 6

Jaar gelys 10

Ligging

  • Kershoutstraat 20, Vleesbaai, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Gaste dink AAA Vleesbaai het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kershoutstraat 20, Vleesbaai, Mosselbaai, 6504, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb3bc8f99c74839fc27e466fac3b3a9283854e2f7fe290305764dade3bd506137c2610e4b29444b0697bca28a79d15f2151e3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 3) 6 5 1 5 20 Kershout Street Vleesbaai 6504 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.29303269993 21.914086211542
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem