Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Aan-den-Weg

Gastehuis
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 18 Jan 2024 tot 31 Okt 2024.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 7
  • Vanaf R1 800 R1 620 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hartlike gasvryheid wag op jou by Aan-den-Weg, 'n wyn- en roosplaas wat net 10 km van Stellenbosch af geleë is. Gaste wat hier tuisgaan word omring deur roosplantasies, wingerde, vrugteboorde en luisterryke uitsigte. Dis 'n absolute paradys vir natuurliefhebbers en 'n toevlugsoord waar besoekers weer vrede kan vind.

Die verblyf word aangebied in 2 eenhede wat elkeen 'n toegeruste kombuisie met 'n yskassie, oond of lugbraaier en 'n mikrogolfoond. Al die kamers is koel in die somer, bied pragtige uitsigte en is met vars rose versier. Petra bedien Maandae tot Saterdae heerlike ontbyt op die stoep, maar gaste moet dit 2 dae vooruit reël. Ander geriewe in die kamers sluit gratis WiFI, sonpanale, haardroërs en platskerm-TV's met sekere DStv-kanale in. Daar is skoonmaakdienste van Maandag tot Saterdag beskikbaar. Daar is 'n skaduryke stoep met braaigeriewe en parkeerplek op die perseel.

Aan-den-Weg is ideaal vir gesinne, wynliefhebbers en besoekers wat die Kaapse Skiereiland en -Wynlande wil verken. Dit is geleë in Stellenbosch Kloof, in die hartjie van die Stellenbosch Wynroete en net 20 minute se ry van die lughawe af. Dit is nét die plek vir die begin of einde van jou rustige vakansie. Die gastehuis word persoonlik bestuur deur Petra Joubert wat met haar passie vir mense, aandag aan detail en persoonlike diens seker maak gaste voel altyd welkom en op hul gemak. Petra bly al jare lank op die plaas in Stellenbosch en het breedvoerige kennis oor die besienswaardighede en doendinge in die omgewing. Sy sal seker maak jou tydjie hier is onvergeetlik.

Koel af in die groot oefenswembad op die perseel, lees of ontspan net lekker terwyl jy jouself verlustig in die asemrowende berg-uitsigte. Verloor jouself in die plattelandse atmosfeer. Kyk vir die voëltjies bedags en die pragtige sterre snags. Sit in die natuur of op die stoep met 'n glasie wyn in die hand. Laat jou gashere toe om jou bekend te stel aan die aktiwiteite op die plaas.

Die druiwe word in Februarie en Maart geoes. Stap tot op die heuwel op die plaas (3 km) en tussen 6 hektaar se roosplantasies en 64 hektaar wingerde. Geniet die kaleidoskopiese uitsigte van die wingerde wat oprank teen die Stellenbosse berge. Gaste kan heerlike maaltye geniet binne 'n 3-5 km-radius vanaf die plaas by die wynlandgoedere Jordan, Vredenheim, Neethlingshof en Spier.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 15 resensies vir Aan-den-Weg
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
  • Gaste dink Aan-den-Weg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
R1 800 R1 620
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 800
R1 800 R1 620
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aan-den-Weg Plaas, Stellenbosch Kloof Pad, Vlottenburg, 7604, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 7
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgTSq6561dkZSXFSmmSPk4KKSkSy9j5y8QJPFrnrdDKpht5lPaO?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 800 nouVanaf R1 620 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 Aan-den-Weg Farm Stellenbosch Kloof Road 7604 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.941848211883 18.771394805448