Aandrus Gastehuis
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Loopstraat 102, Richmond, 7090, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R500 per nag (vir 2 persone)
Beskrywing
Aandrus Gastehuis bied gerieflike oornagverblyf in die bekoorlike Richmond. Dit is in die hartjie van die Karoo langs die N1 geleë en is die ideale oornagplek vir reisigers wat tussen Johannesburg en Kaapstad reis.
Die gastehuis het 6 dubbelslaapkamers, 3 tripelkamers, 'n kamer met slaapplek vir 4 en 1 kamer met slaapplek vir 5. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met of 'n bad of 'n stort. Ander geriewe in die kamers sluit plafonwaaiers, muurverwarmers, elektriese komberse vir die koue wintersaande, handdoeke en tee- en koffiemaakgeriewe in. TV's is ook beskikbaar in sommige kamers.
'n Groot parkeerarea, agter die veiligheidshek is beskikbaar vir die kamers waar karavane, voertuie en sleepwaens kan parkeer.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike sitarea met 'n TV met volledige DStv. Daar is ook 'n pooltafel. 'n Ten volle toegeruste kombuis is beskikbaar wat gaste kan benut, asook braaigeriewe.
Gratis WiFi is beskikbaar.
Besienswaardighede in Richmond sluit restaurante, museums, bergfietsroetes, die jaarlikse literatuurfees en geskiedkundige besienswaardighede in.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Braaiplek
Aktiwiteite Naby
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Loopstraat 102, Richmond, 7090, Noord-Kaap
- Gaste dink Aandrus Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Richmond Karoo Noord-Kaap
- Kapasiteit: 30 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Loopstraat 102, Richmond, 7090, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom