Frankfort Akkommodasie by Aanleg Park | LekkeSlaap
+11
+11

Aanleg Park

18 resensies
Kampeer/karavaan
  • Vanaf R150 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 59 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aanleg Plaas, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Aanleg Park is aan die oewer van die prentjiemooi Wilgerivier geleë, sowat 6 km buite die dorpie Frankfort in die Vrystaat. Dit is naby genoeg as jy enige iets in die dorp nodig het, maar wanneer jy jou onder die groot ou eikebome tuismaak, voel die beskawing baie ver weg.

Daar is 2 verskillende verblyfopsies: die 2 B&B-kamers en daar is 11 kamp- en karavaanstaanplekke. Kamer 1 en Kamer 2 het elkeen slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n dubbelbed.

Die kamp- en karavaanstaanplekke is almal onder die groot eikebome in die skadu geleë. Die luuksheid van elektrisiteit maak die daaglikse takies soveel makliker en waterpunte is stapafstand vanaf elke staanplek. Elke staanplek het braaigeriewe. Aangesien die staanplekke aan die oewer van die Wilgerivier geleë is, is visvang baie gewild en kan dit baie opwindend wees. Hiér word gereeld groot baber, karp en geelvis uitgetrek. 'n Vangnet word vereis aangesien die watervlak in die rivier gedurig wissel.

Vir diegene wat na meer opwindende doendinge opsoek is, is daar 'n staproete van sowat 5 km na 'n replika van die oorspronklike Rice-styl blokhuis wat op 27 November 1901 deur Britse soldate op dieselfde fondasie gebou is.

Hou jou oë oop vir die steenbok, springbok, duiker, ribbok, jakkals, rooikat, muskeljaatkat, aardvark, ystervark, hase en dassies. Voëlkykers kan ook hul oë oophou vir die sekretarisvoël, tarentaal, patrys, hoep-hoep, kiewiet, edelvalk en meer.

So breek 'n bietjie weg om jou batterye weer te laai - ons sal jou verwelkom en jou verblyf onvergeetlik maak.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël

Geriewe

  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 18 resensies vir Aanleg Park
Netheid
3.8/5
Diens
4.2/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Aanleg Plaas, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Gaste dink Aanleg Park het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R150
per nag (vir 2 persone)

Sien meer verblyf in

Frankfort Vrystaat
Vanaf R150
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R150
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 59 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Aanleg Plaas, Frankfort, 9830, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY1YWU4MmJiLWE3N2MtNDFmOS1iOGM5LTZmNzFhYzZhYjBjNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R150  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 Aanleg Farm Frankfort 9830 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -27.27011775999 28.554239273071
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za