25% af Kry 25% af op alle besprekings wat 7 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Geldig vanaf 19 Mrt 2020 tot 30 Apr 2020.
Old Place Akkommodasie by Abalone Lodges | LekkeSlaap
+65

Abalone Lodges

  • Op die Nippertjie-aanbod - Kry 25% af
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Heron's Weg, , Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

In die hart van die Tuinroete, tussen die Outeniekwaberge en die Indiese Oseaan, lê die skilderagtige dorpie Knysna. Knysna is gevul met geskiedenis, misterie en avontuur. Abalone Lodges is net 5 minute van die middedorp af en 4 km van Leisure Isle-strand af. Abalone Lodges het nie net 'n gerieflike ligging nie, maar ook 'n asemrowende uitsig oor die strandmeer en die Knysnakoppe.

Die goed ingerigte houthuisies, skakelhuise en House Abalone is perfek vir enige wegbreek en groep. Dié ongekunstelde, tog luukse hout-eenhede is selfsorghuisies en beskik elkeen oor 'n kombuisie, 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n balkon waar gaste die pragtige sonsondergange kan dophou. Die ruimer dubbelverdieping-lodge het 'n oopplan-leefarea en -kombuis. Daar is braaigeriewe en 'n gemeenskaplike swembad.

WiFi is in al die kamers beskikbaar en 'n Kontinentale ontbytmandjie kan vooraf gereël word en in die oggend by die eenheid afgelewer word. Snags is die sekuriteit op die perseel paraat.

Abalone Lodges is net 'n klein entjie se ry vanaf Knysna en die omliggende strande en woude. Al die eenhede het toegang tot hulle eie braaigeriewe en die gemeenskaplike swembad in die welige tuin. Elke balkon kyk oor die Knysna-strandmeer uit en is ideaal vir 'n romantiese skemerkelkie.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 53 resensies vir Abalone Lodges
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • 20 Heron's Weg, , Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Abalone Lodges het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 20 Heron's Weg, , Knysna, 6570, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAaGcubWjox9AW76UAJVNbAq4n3EbK4Cji2eVH42rjwarDVXWAFa?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 53 5 1 5 20 Heron's Way Lower Old Place 6570 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -34.041151712916 23.069876879454
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za