Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Abangane Gaste Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sabie-weg S10, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Abangane Guest Lodge bied luukse verblyf in Hazyview, Mpumalanga. Hierdie toonaangewende gaste-lodge is net 1 km buite Hazyview op die Sabie-pad in die hartjie van Mpumalanga, die tuiste van die Krugerwildtuin, geleë. Die eienaars is Suid-Afrikaans en Duits en waarborg internasionale flair, gasvryheid en professionaliteit.

Abangane Gaste Lodge bied ruim, smaakvol gemeubileerde, luukse kamers elkeen met 'n en suite-badkamer. Elke kamer het 'n leefhoekie waar jy kan ontspan en 'n aparte spieëltafel. Die kamers het elkeen muskietnette, 'n TV met sekere DStv-kanale, yskassies en koffie- en teemaakgeriewe. Elkeen van ons kamers bied ’n ongelooflike uitsig oor die beeldskone omgewing en het 'n ingang vanaf die ruim stoep.

Die lodge is in 'n beeldskone tuin geleë en grens aan 'n privaat wildplaas omring deur 22 hektaar-bosveld. Dit bied asemrowende natuurskoon, skilderagtige staproetes en voëlkyk-geleenthede. Gaste kan in die winter of somer in ons randvloeiswembad ontspan aangesien dit verhit is. Daar is ’n trapmeul en ander sporttoerusting in die tuin.

Skop jou dag af met 'n heerlike ontbyt in ons eetkamer. Ná 'n dag vol avonture omring deur ons natuurskoon, kan jy met 'n skemerkelkie ontspan, terwyl ons jou kersligete voorberei. Probeer gerus 'n konjak of likeur ná ete op ons houtdek of in die sitkamer, of geniet 'n nagsopie by die kroeg voor jy terugkeer na jou luukse kamer. Die sitkamer het ’n heerlike kaggel. Daar is ’n professionele wynyskas met byna 200 bottels van Suid-Afrika se beste wyn in alle prysklasse vir die gaste by die eerlikheidskroeg.

Koffie, tee en tuisgebakte koeke is beskikbaar deur die loop van die dag teen geen ekstra koste nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 6 resensies vir Abangane Gaste Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Sabie-weg S10, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Gaste dink Abangane Gaste Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R2 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sabie-weg S10, Hazyview, 1242, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe8780675f3dc21b5ab5b90461db06f7a90be2c0b5295b9076318cb4168f2d0db9ee9d52dae89a146e59b34725f238ce1037a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 S10 Sabie Road Hazyview 1242 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.047788888889 31.108152777778