Parys Akkommodasie by Abberdale 37 | LekkeSlaap
+11

Abberdale 37

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Coller-straat 37, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 400 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Abberdale 37 bied selfsorgverblyf in Parys, stapafstand vanaf die Vaalrivier, restaurante, winkels en 'n wassery. 'n 24 uur-winkel is ook net om die draai. Hierdie huis kan tot 8 gaste huisves en is ideaal vir 'n groot gesin.

Daar is 4 ruim en volledig gemeubileerde slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vierde slaapkamer is 'n solderkamer en het ook 2 enkelbeddens. Daar is elektriese komberse en plafonwaaiers beskikbaar om gaste se gerief te verhoog. Daar is 2 badkamers wat elk oor 'n bad, 'n stort en 'n wasbak beskik. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond en 'n tweeplaat-koolstoof in. Komplimentêre tee, koffie, melk en sjerrie word met gaste se aankoms voorsien.

Die eetkamerarea beskik oor 'n negesitplek-geelhouttafel. Die leefarea bied ouderwetse gemak en beskik oor 'n platskerm-TV met DStv as bron van vermaak. Daar is ook 'n kaggel wat help om die huis lekker warm te hou.

Hierdie huis is onlangs opgeknap en daar is ook 'n heining om die eiendom. Veilige, oop parkeerplek is beskikbaar vir 4 tot 6 motors. Daar is ook braaigeriewe, 'n sonkamer waar gaste kan lees, 'n stoep en nog baie ander geriewe wat lekker rustige verblyf sal verseker.

Ons is troeteldiervriendelik. Gaste moet asb. self agter hul troeteldiere skoonmaak voordat hulle uitklok.

Slaapplek

’n Bespreking by Abberdale 37 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 3 resensies vir Abberdale 37
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Van Coller-straat 37, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Abberdale 37 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 400
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R2 400
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Coller-straat 37, Parys, 9585, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQzYzVjN2E2LWFjMjAtNGFiNy1hNDc0LTBmZjhlMjI4MjJhNg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 400  per nag (vir 8 persone) 3 5 1 5 37 Van Coller Street Parys 9585 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -26.90614453512 27.453198134918
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za