Abbeygail's En-suite Guest Room

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abbeygail's En-suite Guest Room is op die eienaar se perseel en is ideaal in sentrale Mosselbaai geleë. Die gastehuis is sowat 15 minute se ry vanaf Santos Strand en slegs ’n rit ver vanaf vele besienswaardighede in die Tuinroete.

Die gastekamer is op die grondverdieping en het sy eie privaat ingang uit die tuin, ’n dubbelbed, bedkassies met lampies, 'n gemaklike leesstoel en 'n bankie waarop jy jou bagasie uit kan pak. Die en suite-badkamer het ’n aparte bad en stort. Verder is daar ook gratis WiFi, ’n TV met sekere DStv-kanale, ’n yskassie, ketel, broodrooster, mikrogolfoond en tee-en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ook kos en drankies by die Abbeygail-winkeltjie koop, soos 'n yskasmandjie en braaipakke.

Die kamer beskik ook oor ’n ontbythoekie wat oor die tuin uitkyk. Daar is Weber-braaigeriewe en 2 stoele in die skaduwee in die tuin. Gaste moet hul eie houtskool saambring. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig. Abbeygail's En-suite Guest Room is in ’n stil laan geleë naby die gholfbaan,

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abbeygail's En-suite Guest Room gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R400 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false