Abbott House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abbott House is 'n selfsorgvakansiehuis by 'n privaat landgoed in Nelspruit. Dié huis is ideaal vir gaste wat die klein dingetjies in die lewe waardeer en op soek is na gemaklike, ontspanne verblyf naby verskeie geriewe en besienswaardighede.

Dié smaakvol versierde huis met lugversorging het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die tweede en derde slaapkamer het elk 'n koningingrootte-bed. Dié twee kamers deel 'n aparte badkamer. Gehaltelinne en -handdoeke word voorsien. Al die badkamer het 'n ruim stort en 'n bad.

Daar is ook 'n aparte gastetoilet onder. Die kombuis is volledig toegerus om maaltye te kook en het al die nodige toebehore. Daar is 'n sitkamer met gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler met verskeie DVD's en 'n musiekstelsel.

Die huis het ook braaigeriewe op die onderdakstoep en 'n swembad om in af te koel. Skoonmaak- en wasgoeddienste kan versoek word teen ekstra koste. Gaste kan gerus die kluis gebruik om waardevolle items te stoor.

Veilige parkeerplek is vir 2 voertuie beskikbaar. Abbott House grens aan 'n natuurreservaat en het lieflike bosveld-uitsigte. Soms kan 'n mens selfs wil den voëls van die voorstoep af sit en dophou.

Abbott House is 5 minute se ry vanaf verskeie restaurante, winkelsentrums en ander vermaak en 60 km, of 'n uur se ry, vanaf die Numbi-hek by die Krugerwildtuin.

Slaapplek

'n Bespreking by Abbott House sluit in:

3 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abbott House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 550 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false