Abide A While

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Abide A While bied gehalte akkommodasie suid van Durban in die Bluff-woonbuurt naby die hawe. Ons akkommodasie is ideaal vir sake- en vakansiereisigers.

Ons het 4 kamers aan die agterkant van ons huis, weg van die straat af. Elke kamer is toegerus met 'n en suite-badkamer met net stort, lugversorging en DStv. Elke kamer het gerieflike slaapplek vir 3 tot 4 persone op dubbelbeddens en dubbelstapelbeddens. Abide A While voldoen aan al die basiese behoeftes wat jy nodig het vir 'n onvergeetlike tydjie. Die kamers is ingerig vir selfsorg. 'n Volledig toegeruste gemeenskaplike kombuis is ook beskikbaar as jy jou eie etes wil voorberei. 'n Daaglikse skoonmaakdiens word ingesluit.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir ons gaste. Daar is twee ingange na ons eiendom en die lapa en swembad is ideaal is jy 'n bietjie wil afkoel. Braaigeriewe is ook beskikbaar as jy nie lus is om te kook nie.

Wat wil jy meer hê as veilige, rustige selfsorgverblyf in The Bluff.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Abide A While gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R560 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za