Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Abloom Bush Lodge & Spa Retreat

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipfontein K118, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R3 550 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

In die hartjie van ’n stuk ongerepte bosveld sal jy die 5-ster en ewe mooi Abloom Bush Lodge & Spa Retreat vind. Carmen en Lowie bestuur dié unieke en eksklusiewe boetiekhotel net buite die wêreldberoemde dorpie Cullinan, 30 minute oos van Pretoria.

Abloom het 4 luukse suites in die vorm van romantiese, vrystaande rietdak-chalets. Al die suites is omgewingsvriendelik en absoluut pragtig ontwerp, gebou en versier – alles Lowie se handewerk. Jy sal jou omtrent aan al die kreatiewe, stylvolle en elegante besonderhede in die lodge kan verkyk. ’n Gevoel van vrede en rustigheid sal jou van die eerste oomblik af omvou wanneer die toegewyde eienaars, hul 5 honde en 8 perde jou met hul warm gasvryheid op hul luukse dog ontspanne en informele plaas verwelkom.

Abloom is sentraal tussen die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg en die Krugerwildtuin geleë.

Al 4 suites is weelderig en pragtig versier. Dis kalmerende ruimtes wat 100% privaatheid bied, asook ’n warm plonspoel van 36º C, ’n buitestort met warm en koue water en ’n buitebraai/kaggel op die beskutte dek het. Die elegante vrystaande chalets het elkeen ’n klein maar volledig toegeruste kombuis, ’n kaggel, ’n sitkamer, DStv, ’n TV, ’n bad met romantiese kerse, ’n dubbelstort en dubbelwasbakke. Die ekstra-lengte koninggrootte-bed word met kraakvars linne – wat op die outydse manier gewas en in die son gedroog is – en verskeie kussings opgemaak. Dit word ook met vars blomme en bosveldblare vir jou besoek versier.

Abloom spesialiseer in allesomvattende pakkette, waar die verblyf en onbeperkte spa-behandelings (tot soveel ure soos by die spesifieke pakket ingesluit is) by die prys ingesluit is. Die pakkette kan met dienste of as selfsorg geneem word.

Abloom het 2 verskillende suites: 2 eksklusiewe suites en 2 presidensiële suites wat elkeen 2 mense kan huisves. Die presidensiële suite is luukser en het ’n groter dek en mooier uitsig, asook ’n DVD-speler.

Carmen bestuur die bekroonde, eksklusiewe welwees-sentrum, waar jy uit verskeie unieke behandelings en romantiese pakkette kan kies. Al die behandelings word op die suites se dek met die lieflike uitsig op die bosveld gedoen.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Groot 5
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Vlaams
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 11 resensies vir Abloom Bush Lodge & Spa Retreat
Netheid
3.9/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.5/5

Ligging

  • Klipfontein K118, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Gaste dink Abloom Bush Lodge & Spa Retreat het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Gauteng
Vanaf
Vanaf R3 550
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R3 550
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Klipfontein K118, Cullinan, 1000, Gauteng
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd55b082728b5cbcc0f3103df37918589ae99cfe3a9a2ed0289c477ef361ae1cd1698faca08a3f71ffa086c871007bbf135f2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 550 per nag (plek vir 2) 11 5 1 5 Klipfontein K118 Cullinan 1000 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.559725157956 28.618798756864