About Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

About Guest Lodge bied moderne, kontemporêre akkommodasie in die hartjie van Brooklyn, Pretoria. Die lodge is slegs 2 blokke vanaf die hoofingang van die Universiteit van Pretoria, binne stapafstand van Loftusstadion af, naby alle ambassades en hoofsakekerne in en om Brooklyn, Hatfield, Hillcrest, Groenkloof en Waterkloof.

Die akkommodasie bestaan uit 4 kamers. Die standaardkamers het 'n ekstra lang koningingrootte-bed met 'n hoë draadtelling en 'n en suite-badkamer met verhitte handrelings en 'n verwarmer. Geriewe in die kamers sluit 'n platskerm-TV met volledige DStv-kanale en PVR, lugversorging, ingeboude haardroërs, universele laaiers, 'n yskassie, elektroniese kluis en jet-bad in. Die suites is presies dieselfde as die standaardkamers, buiten die feit dat hulle hul eie privaat sitkamers het. Die sitkamer kan in 'n ekstra kamer met 2 enkelbeddens omskep word.

Geriewe op die perseel sluit veilige onderdakparkeerplek met geslotekringtelevisie en 'n volledig gelisensieerde kroeg in. Die lodge kan ook voorsiening maak vir konferensies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na About Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 260 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]