Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Absolute Farenden

Hotel
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R920 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Absolute Farenden, in die hartjie van Hatfield in Pretoria, is 'n nuwe woonstel-hotel wat die toppunt van klas en verfyndheid verteenwoordig.

Dis ideaal geleë vir sakereisigers, naby ambassades en Pretoria se middestad waar meeste regeringsdepartemente, insluitend die nuwe Internasionale Sakegebou, geleë is. Die hotel is ook naby sportgeriewe, soos die High Performance-sentrum verbonde aan die Universiteit van Pretoria en Loftus Versfeld. Besienswaardighede naby ons sluit die Uniegebou, die Botaniese Tuin, Paul Kruger-plein en die Voortrekkermonument in.

Daar is 40 eenhede wat ruim en gerieflik ontwerp is om 'n warm atmosfeer te skep. Die idee met die ontwerp was om weg te beweeg van die konvensionele hotelkamer, sodat gaste hul eie maaltye in die volledig toegeruste kombuise kan voorberei. Elke eenheid het lugversorging, sekere DStv-kanale en WiFi. Die perseel bied 24 uur-sekuriteit en gratis parkeerplek.

Daar is winkelsentrums, banke en verskeie restaurante in die omgewing en ons sal jou help om 'n deftige restaurant of wegneemeetplek te kies.

Ons wil verseker dat jou verblyf by Absolute Farenden 'n ervaring is wat jy met kollegas en vriende sal deel en dat jy sommer gou weer by ons sal aanklop.

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 37 resensies vir Absolute Farenden
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Madalize Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Jaar gelys 11

Ligging

  • Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • Gaste dink Absolute Farenden het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R920
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R920
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 80 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Farendenstraat 396, Arcadia, Pretoria, 0028, Gauteng
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYnDrP0yN8zJusPdEApHsFYUqehGyiaBsjOQZLVrEvg7zzizmmY?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag (plek vir 2) 37 5 1 5 396 Farenden Street Arcadia 0028 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.749485 28.2205
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem