Westbrook Akkommodasie by Acacia Crescent Seaview Manor | LekkeSlaap
+10

Acacia Crescent Seaview Manor

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Acacia-singel 18, Westbrook, Tongaat, 4439, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 500 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Acacia Crescent Seaview Manor is 'n asemrowende en ruim selfsorgwoonstel in Westbrook aan die noordkus van KwaZulu-Natal. Die woonstel bied fantastiese see-uitsigte en is na aan die strand en net 20 minute se ry van Umhlanga af. Dit is die ideale wegbreekplekkie vir enigeen wat wil ontsnap van die gedruis van die stad.

Die woonstel bied slaapplek vir 4 mense en bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en handstort. Die tweede slaapkamer beskik oor 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorgverblyf en daar is 'n eetkamertafel met 6 stoele in die eetarea. Die sitarea beskik oor 'n platskerm-TV en 'n plafonwaaier en dit het ook skuifdeure wat lei na 'n ruim balkon met Weber-braaigeriewe en lieflike see-uitsigte. Veilige parkeerplek word voorsien.

Slaapplek

’n Bespreking by Acacia Crescent Seaview Manor sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Acacia-singel 18, Westbrook, Tongaat, 4439, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Westbrook KwaZulu-Natal
Vanaf R2 500
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R2 500
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Acacia-singel 18, Westbrook, Tongaat, 4439, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDZmNzc0NDRiLTcxNmEtNGI5MC1hNzAzLTllZWQ1YzM0NGQ3OQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 500  per nag (vir 4 persone) 18 Acacia Crescent Westbrook 4439 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -29.591459 31.166191
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za