Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Acacia House Executive Suite

B&B
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunnyweg 74, Kelvin, Sandton, 2054, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Acacia House Executive Suite bied verblyf vir 'n enkelsakereisiger of 'n paartjie. Die akkommodasie is met behulp van die Gautrein-busdiens lekker naby die Marlboro Gautreinstasie geleë en dit bied uitstekende toegang met die hoofweg tot Pretoria, Johannesburg en OR Tambo Lughawe. Acacia House Executive Suite is in die rustige voorstad met toegangsbeheer, Kelvin, geleë. Dis 'n veilige area naby Sandton en ons bied ook vriendelike, professionele diens.

Die privaat ingang van Acacia House lei na 'n ruim sitkamer en kombuis. Geriewe in die kombuis sluit 'n ontbyttoonbank, mikrogolfoond, yskas en vrieskas in. Daar is 'n kaggel en 'n TV met DStv in die sitkamer en die slaapkamer lei uit die vertrek uit. Die slaapkamer beskik oor 'n koninggrootte-bed, 'n kantoorarea en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die patio kyk uit oor 'n rotsswembad en daar is 'n Weber, so dis die perfekte plek om te ontspan of te kuier saam met vennote. Kantoorgeriewe by Acacia sluit WiFi en drukkergeriewe in.

Die unieke kenmerk van Acacia House Executive Suite is dat jy, ons gas, absolute eksklusiwiteit geniet. Of jy nou alleen of as 'n paartjie by Acacia House tuisgaan, jy is die enigste gas. Ontbyt wanneer jy dit wil hê en jy sal die suite en perseel vir jouself hê.

Slaapplek

’n Bespreking by Acacia House Executive Suite sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Elektriese kombers
  • Waaier
  • Kaggel
  • Klein kombuis
  • Sitkamer
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Ligging

  • Sunnyweg 74, Kelvin, Sandton, 2054, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 500
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sunnyweg 74, Kelvin, Sandton, 2054, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU1ZGE4YTE0LWE2M2EtNDkxZS1hNjkzLTJmYTcyMThjN2I2Mg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense 74 Sunny Way Kelvin 2054 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.076840116521 28.097221293883
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem