Accommodation Uvongo

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Nov 2019 tot 26 Nov 2019.

Beskrywing

Accommodation Uvongo is 'n selfsorgwoonstel met 'n see-uitsig wat ideaal geleë is in 'n kompleks op die strand in Uvongo, net 100 m se stap van die visvangkaai af. Word wakker en aanskou die wonderskone sonsopkoms oor die see en luister na die branders wat breek teen die rotse.

Die woonstel het slaapplek vir maksimum 2 volwassenes en 4 kinders en bestaan uit 2 slaapkamers en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed, LCD-TV met DStv en glas-skuifdeure wat na die balkon lei. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en is ideaal vir kinders.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolf en 'n ontbytkroeg met stoele in. Die knus sitkamer het 'n LCD-TV met volledige DStv en 'n DVD-speler. Die woonstel is ook toegerus met strandmatte, strandstoele en 'n koelerboks.

Die kompleks het onderdakparkeerplek, 'n braaigeriewe, 'n kinderspeelarea, wasgoedgeriewe en basiese skoonmaakgeriewe. Toegang word beheer en die kompleks is omring deur elektriese omheining.

Slaapplek

'n Bespreking by Accommodation Uvongo sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Accommodation Uvongo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 R400 per nag (plek vir 4)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 24 Nov 2019 tot 26 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za