Aeroden Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aeroden Lodge is aan die oostelike kant van die Hartbeespoortdam geleë, en word omring deur die majestueuse Magaliesberge, net 'n kort entjie vanaf Gauteng se hoofdorpe. Dis voorwaar die ideale wegbreekplek, omdat ons net 30 minute vanaf Johannesburg, Fourways en Randburg is, en net 20 minute op die tolpad vanaf Pretoria en Rustenburg is. Ons het ook 'n gras-aanloopbaan wat geskik is vir alle ligte vliegtuie.

Die lodge word beveilig met 'n afstandbeheerde hek en wagte wat patrolleer in die nag. Daar is 'n hele aantal gholfbane in die area, insluitend Peacanwood, Seasons, Sandy Lane, Magaliespark, Mooinooi en Brits. Ons is 5 km van Miracle Waters af vir skubaduik-entoesiaste. Hartbeespoort is 'n heerlike ontspanningsarea met 'n akwarium, dieretuin, slangpark, diere-bewareas, partytjiebote, boomtoptoere, en lieflike en kleurvolle kunsmarkies. Daar is baie restaurante en kroeë in die omgewing insluitend 'n drywende restaurant op die dam. Vir die kinders se genot is daar omheinde trampoliens, swaaie, glyplanke en 'n speelgrond.

Die dubbelkamers het lugversorging, DStv en 'n yskassie.

Ons selfsorg-eenhede sluit chalets in met slaapplek vir 2, 5, 4 of 6 gaste. Alle eenhede is volledig toegerus en het DStv en sy eie braaigeriewe. Ons het ook kampeerplekke. Elke staanplek het sy eie privaat ablusiegeriewe, baie skaduwee en is privaat.

Die nuwe konferensiesentrum is geskik vir 32 afgevaardigdes.

Ons het 'n klein plonspoel en 'n groot, koue swembad met 'n waterglybaan. Die sondek kyk uit oor die swembad. Die grasdak-sambrele om die sondek bied skaduwee op warm dae. Wilde diere en ongelooflike uitsigte kan gesien word op die bergroetes. Daar is 'n dam vir visvang (op 'n vang-en-vrylaat basis). Ontspan by ons kroeg en kyk 'n sportwedstryd op ons grootskerm-TV. Die dag-spa is naby, maar daar is ook mobiele spa-behandelings beskikbaar, kry asseblief die kontaknommer by ontvangs.

Ons bied skilderagtige uitsigte van vliegtuie wat opstyg en land terwyl jy 'n heerlike koppie koffie of skemerkelkie op die sondek geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aeroden Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R520 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za