Africa Cottage Strand

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 27 Mei 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

Africa Cottage Strand is 'n sjiek, gerieflike 4-vertrek selfsorg-tuinkothuis in die Strand. Dit is ideaal vir enkelreisigers, 'n paartjie of 'n gesin van 3. Gratis WiFi is regdeur beskikbaar.

Die kothuis is op dieselfde perseel as die hoofhuis en het 'n privaat ingang. Kom ervaar ons Afrika-styl met unieke meubels, kuns en netjiese braaigeriewe. Die kothuis het een slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n lessenaar, 'n verwarmer, 'n waaier en 'n platskerm-TV met Premium-pakket DStv-kanale. Die afslaan-sofa in die leefarea bied slaapplek vir 'n derde volwassene of tiener, of 1 tot 2 kinders tot en met 6 jaar. 'n Opslaan-bababed is op versoek beskikbaar. Die badkamer het 'n bad en 'n instapstort. Luukse linne, handdoeke en topgehalte badprodukte word voorsien.

Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, 'n vierplaat-stoof met oond, 'n yskas, broodrooster, eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, speserye en kookolie toegerus. Maaltye kan geniet word by die tafel wat ook gebruik word as werkspasie vir 'n skootrekenaar, of op die gesellige buite-kuierstoep. Op die boekrak in die leefarea is tydskrifte en ander leesstof.

Die kothuis maak oop op 'n stoep en pragtige tuintjie waar gaste kan ontspan en voëls in die bome dophou. Daar is veilige parkeerplek vir een voertuig beskikbaar agter 'n elektriese hek.

Die kothuis het nie skoonmaakdienste vir korter besprekings van 1 tot 4 nagte nie. Skoonmaakmiddels word voorsien. Indien gaste vir langer as 4 nagte bespreek, word die kothuis 2 keer per week skoongemaak.

Sakereisigers: Hoewel dit 'n selfsorgkothuis is, kan ons op versoek aan sakereisigers ontbyt bedien, die eenheid daagliks skoonmaak en wasgoed doen teen ekstra koste.

Slaapplek

'n Bespreking by Africa Cottage Strand sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Africa Cottage Strand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R595 per nag (vir 3 mense)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 27 Mei 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]