Africa Sepungu Safaris

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Africa Sepungu Safaris bied selfsorgverblyf in Marlothpark, 'n 3000 ha-wildreservaat en vakansiedorp aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin, tussen Malelane en Komatipoort in Mpumalanga. Dit is 'n gewilde oornagstop vir reisigers wat na die Krugerwildtuin, Swaziland en Mosambiek reis, en gee gaste die geleentheid om van die Groot 5 te sien.

Verblyf word in 2 aparte eenhede met lugversorging op die perseel aangebied. Elke eenheid bied privaatheid en is geskik vir 'n klein groep of gesin. Elke eenheid is 30 m².

Maroela het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor lugversorging, 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuisie en -leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en die sitkamer het 'n stapelbed en 'n dubbelslaapbank. Die badkamer het 'n bad met 'n handstort, 'n toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is vir selfsorg toegerus en sluit 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Die eenheid het 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste en 'n platskerm-TV teen die muur. WiFi of data is nie beskikbaar nie. Dié eenheid het 'n privaat swembad en 'n braai met 'n buite-kombuisie.

Leadwood is 'n oopplan-eenheid met slaapplek vir 6 persone, en beskik oor lugversorging, 'n dubbelbed, 'n stapelbed en 'n dubbelslaapbank. Beddegoed word vir 4 gaste voorsien. Die kombuisie is vir selfsorg toegerus en sluit 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, ketel, broodrooster, mikrogolfoond, breekware en eetgerei in. Die eenheid het 'n etenstafel met sitplek vir 4 gaste en 'n platskerm-TV teen die muur. Dié eenheid het 'n privaat swembad en 'n braai.

Bedlinne en badhanddoeke word voorsien. Gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring. Die eenhede is vir selfsorgverblyf toegerus en word nie daagliks skoongemaak nie. 'n Daagliks skoonmaakdiens die omruil van linne kan teen ekstra koste gereël word.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Africa Sepungu Safaris gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R790 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false