AfriCamps Klein Karoo

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

AfriCamps Klein Karoo is in die ongerepte Karoo geleë met pragtige uitsigte oor die Swartberge. Ons bied die perfekte plek vir jou om te ontspan en jou batterye te herlaai. AfriCamps se unieke akkommodasie bestaan uit luukse tente waar gaste die lewe op 'n werkende plaas kan ervaar.

Akkommodasie bestaan uit 12 luukse boetiek-tente wat om 'n groot dam geleë is met verskeie wildsoorte soos sebras, koedoes en elande wat om die tente wei. Let asb. daarop dat Oudtshoorn 'n erge droogte ervaar en die lae damvlakke kan die hoeveelheid wild beïnvloed.

Die luukse boetiek-tente is handgemaak in Suid-Afrika en hulle is ten volle toegerus met al die geriewe wat jy in 'n luukse selfsorgwoonstel sal verwag.

Elke tent beskik oor verskeie kleurvolle afwerkings om tot die glanskamp-ervaring by te dra. Die tente het 'n ruim oopplan-leefarea met hout-rusbanke en ten volle toegeruste kombuise. Elke tent beskik oor 2 slaapkamers met natuurlike sonlig wat deur die dag by die vensters instroom. Die slaapkamers beskik albei oor lugversorging en sy eie ingang tot 'n privaat en ruim badkamer.

Elke tent bied slaapplek aan 5 gaste.

AfriCamps Klein Karoo is net 10 minute se ry van Oudtshoorn se middedorp af.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na AfriCamps Klein Karoo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 090 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za