Plettenbergbaai Akkommodasie by African Array Backpackers Lodge | LekkeSlaap
+38

African Array Backpackers Lodge

  • Kapasiteit: 48 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ladywood 30, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

African Array Backpackers Lodge het gastekamers en is in Plettenbergbaai geleë. Die huis is ideaal vir gesinne, groepe, vriende of paartjies wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge op die Tuinroete.

Akkommodasie by African Array Backpackers Lodge bestaan uit verskeie kamertipes wat elk uniek en smaakvol versier is. Die kamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed, dubbelbed, 2 enkelbeddens of dubbelstapelbeddens. Die kamers het toegang tot 'n en suite-badkamer of 'n aparte, gedeelde badkamer. Die meeste van die kamers het gratis WiFi en ondervloerse verhitting.

Ontbyt en ander heerlike maaltye word teen 'n koste in die restaurant op die perseel voorgesit. Daar is ook 'n à la carte-spyskaart. Die lodge bied tradisionele braaie of potjiemaaltye op versoek, 'n gemeenskaplike sitkamer met DStv en 'n kaggel, 'n gedeelde kombuis, 'n eerlikheidskroeg en pendeldienste om besienswaardighede te besoek.

Gratis parkeerplek in die straat is beskikbaar. African Array Backpackers Lodge is op 'n heuwel aan die oewer van die Piesangrivier geleë en is 15 tot 20 minute se ry van Plettenbergbaai se middedorp, die strand en ander besienswaardighede af.

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 5 resensies vir African Array Backpackers Lodge
Netheid
3.6/5
Diens
4.0/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Ladywood 30, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink African Array Backpackers Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 48 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Ladywood 30, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgwYmRhNWZiLTEwYTItNDVjZS04NzljLTQ0OGUwOTZlZDg0Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R400  per nag (vir 2 persone) 5 5 1 4 30 Ladywood Plettenberg Bay 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.06457564396 23.332363366881
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za