Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

African Kwela Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palmstraat 18, Suiderhof, Windhoek, 0000, Khomas
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 180 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

African Kwela Guest House is in die buitewyk Suiderhof in Windhoek geleë. Hiér sal gaste uitstekende Namibiese gasvryheid in 'n aangename en rustige atmosfeer ervaar. Die instansie is lekker sentraal geleë, naby Eros Lughawe en die sakesentrum. African Kwela bied 'n paradys-gevoel in die stad.

Verblyf word in 6 goed ingerigte gaste-suites met slaapplek vir 2 volwassenes op 'n koninggrootte-bed aangebied. Elke suite het 'n en suite-badkamer met 'n stort, lugversorging, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n yskassie en koffie en teemaakgeriewe. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Die gastehuis het 'n lekker ruim lapa waar maaltye bedien word, 'n knus kroeg waar gaste ná 'n lang dag kan ontspan en 'n swembad waarin gaste lekker kan afkoel. Geriewe is ook vir werkswinkels en klein funksies beskikbaar.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits
  • Russies

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Skuifie-projektor
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Forex
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Palmstraat 18, Suiderhof, Windhoek, 0000, Khomas
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 180
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 180
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Palmstraat 18, Suiderhof, Windhoek, 0000, Khomas
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5e44550c150968b9f9397e06ea23ddc74025c788831bcfea0819e3d5051784b1ee4ce66f6a61e875363fb57bb9bef4c00063?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 180 per nag (plek vir 2) 18 Palm Street Suiderhof 0000 Khomas 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -22.594382014178 17.083770237089