African Queen Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

African Queen Guest House is in Noordhoek, een van die mooiste voorstede van Kaapstad, geleë. Dis aan die voet van Chapman’s Peak, wat een van die mees skilderagtige kuspaaie in die wêreld is.

Verblyf word in 8 gastekamers gebied, elkeen met 'n en suite-badkamer. Die meeste van ons kamers is ingerig met 'n koninggrootte-bed en katoen-perkallinne. Die Silvermine-kamer is die enigste met 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het geriewe soos gratis WiFi-toegang, 'n kluis en koffie- en teemaakgeriewe.

Ons bied verder ook veilige parkeerplek op die perseel, 2 sonverhitte swembaddens, 'n tuin met 'n hangmat, 'n organiese groentetuin en diere. Die gastehuis het beeldskone see- en berg-uitsigte.

Tussendeur jou verkenningstogte van die pragtige area kan jy lekker in die prentjiemooi Noordhoek kom rus. Jy kan hier ook een van Suid-Afrika se beste strande geniet. Gaan verken ook gerus die 7 km-lange sandstrand te perd, ry die magiese branders of gewaar selfs 'n walvis. Die omgewing beskik oor die Silvermine Natuurreservaat, 'n wynplaas en heerlike restaurante.

Ons ligging is die ideale plek vanwaar jy al die vernaamste besienswaardighede van die Kaapse Skiereiland kan verken. Ons is na aan die wynlandgoedere in Constantia, Kirstenbosch Botaniese Tuin, Kaappunt Natuurreservaat, Boulders-strand se pikkewynkolonie en bekoorlike dorpies soos Houtbaai, Kalkbaai en Simonstad. Kaapstad, en die wêreldbekende Tafelberg en V&A Waterfront, is slegs 30 minute van ons af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Vlaams
  •  Frans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na African Queen Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R899 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za