10% af Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 19 Mrt 2020 tot 31 Mrt 2020.
Plettenbergbaai Akkommodasie by African Sea Breeze | LekkeSlaap
+52
+52

African Sea Breeze

  • Spesiale Aanbod - Kry 10% af
  • Vanaf R850 R765 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

African Sea Breeze is 'n ruim selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks. Dit is op die grondvloer en is geleë aan die agterkant van die kompleks wat dit meer privaat maak. Daar is ook genoeg gras waarop die kinders na hartelus kan baljaar.

Die woonstel het 2 slaapkamers; die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Daar is 1 badkamer (stort en bad) en die groot kombuis is goed ingerig met 'n stoof, mikrogolf, broodrooster, yskas, wasmasjien, ens.

Die sitkamer is toegerus met rusbanke met sitplek vir 3 en 'n platskerm-TV met 'n goeie klankstelsel, satelliet-TV en 'n DVD-speler. Die woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Daar is ook slaapplek vir 2 kinders op rusbanke in die TV-kamer.

Daar is gratis onderdakparkeerplek en 'n gemeenskaplike swembad op die perseel.

'n Sekuriteitswag beman die hek 24 uur per dag en daar is 'n brandblusser in die woonstel se gang.

Die strandmeer is baie lekker vir die kinders en besoekers kan ook heerlik swem in die gemeenskaplike swembad gedurende die somer.

Verlustig jou in die wisselende sonsondergange gedurende die dag en staan verstom voor die wemelende sterrehemel saans. Gholfspelers, stappers, bergfietsryers, fietsryers, perdeliefhebbers, vlerkswewers, vlieërbranderryers en waterskiërs hier hoef nie ver te ry op soek na 'n speelplek nie. Boomtoptoere en rekspring is ook in die omgewing beskikbaar. Besoekers kan gerus ook 'n draai maak by die kunsvlyt-, varsprodukte- en kosmarkte. Monkeyland en Birds of Eden is ideaal vir diegene wat op soek is na 'n onvergeetlike woudbelewenis.

Slaapplek

’n Bespreking by African Sea Breeze sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 46 resensies vir African Sea Breeze
Netheid
4.7/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink African Sea Breeze het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R850
Vanaf R765
per nag (plek vir 4)
was R850
Vanaf R765
per nag (plek vir 4)
was R850
Vanaf R765
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Santini Village B9, Bowtie-rylaan, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDg2ZjJiYmM2LThhY2QtNDNmNy1hYzBmLTRhNzFjOTZiYzA1OA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R850, nou Vanaf R765  per nag (plek vir 4) 46 5 1 5 Santini Village B9 Bowtie Drive 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-23:00 10:00 -34.048952589629 23.361131250858
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za