African Vineyard Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

African Vineyard Guesthouse & Wellness Spa is naby Upington en Keimoes in die Noord-Kaap en dit is in die luisterryke wingerde van Kanoneiland in die Groen Kalahari-streek geleë. Dit is die ideale plekkie vir gaste wat op pad is na die Kgalagadi Transfrontier Park, die Augrabies-watervalle, Riemvasmaak en Namakwaland gedurende die blomseisoen. Ontsnap na hierdie eilandjie met sy stadige leefstyl op 'n rosyntjieplaas.

Verblyf word aangebied in 12 ruim en pragtig ingerigte kamers, in opsies wat verskil van standaard tot luuks. Elke kamer maak oop op die groen oase van die tuin wat wemel van voëls. Ons het onlangs 'n Welwees-spa bygevoeg met unieke Kalahari-produkte. Meeste van die unieke, gemaklike en elegante kamers kyk uit oor die pragtige tuin met sy swembad en die voëls sal jou toesing terwyl jy jou liggaam en siel verkwik en verfris in hierdie absolute paradys.

Hier kan jy plattelandse gasvryheid en lieflike kos ervaar tesame met vriendelike en persoonlike diens wat jou verblyf absoluut onvergeetlik sal maak. Aandete kan op versoek bedien word asook 'n sesgang kos-en-wyn-paring (besprekings noodsaaklik). Besoekers aan African Vineyard kan hartlike, plattelandse gasvryheid, 'n watertand plaasontbyt met vars vrugte, kruie en plaasprodukte te wagte wees. Die ontbyt word buite bedien langs die swembad as die weer gunstig is, andersins word dit binne voorgesit gedurende die kouer maande.

Kanoneiland is die grootste eiland in die Oranjerivier en is die grootste bewoonde eiland in Suid-Afrika. Dit is 14 km lank en 3 km by sy wydste punt en dit dek 'n area van 2553 hektaar. Die vrugbare spoelgrond en geredelike water van die rivier word gebruik vir die kweek van sultanadruiwe, lusern, pekanneute en selfs katoen.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na African Vineyard Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 368 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false