Africa's Eden B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Africa's Eden is 'n landgoed van minder as 'n hektaar in die parkgordel wat al langs Worlds View verbyloop, tussen 2 waterstroompies, en net sowat 2,5 km vanaf die stadskern.

Dié B&B bied 6 eenhede, elkeen met 'n aparte ingang en 'n en suite-badkamer. Elke eenheid het 'n TV met DStv-kanale, lugversorging, waaiers, verwarmers, 'n kombuisie en gratis WiFi.

Ontbyt word bedien in die eetarea of op die patio buite en gaste het 'n keuse van 'n gesondheidsontbyt of volledige Engelse ontbyt. Die luisterryke tuine is 'n paradys vir voëls, en selfs die meer eksotiese spesies soos die bloukuifloerie, gevlekte vleikuiken en die gewone vleiloerie word dikwels gewaar. Gaste het gebruik van die tennisbaan en swembad.

Ons is ideaal geleë, net 'n hanetreetjie vanaf die hoof-besienswaardighede. Die beginpunt van die Comrades Maraton, die bekende Duzi Kano-maraton, verskeie gholfbane, die Cascades Fietsrenbaan, BMX by die Oval en rolbalbane is van die sportgeriewe in die omgewing.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits
  •  Italiaans
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Africa's Eden B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za