Afsaal Holiday Flat 208

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Afsaal Holiday Flat 208 is 'n selfsorgwoonstel met 'n uitsig oor die see in Amanzimtoti, 'n klein kusdorpie, wat bekend is vir sy subtropiese klimaat en lang goue strande.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -sitarea. Die 2 slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed. Daar is ook 'n stapelbed in die voorportaal soos wat 'n mens by die woonstel inkom. Die badkamer het 'n stort-oor-bad, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die sitkamer het 'n sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die Afsaal-kompleks bied gemeenskaplike braaigeriewe en veilige onderdakparkeerplek agter aftstandbeheerhekke. 'n Skoonmaakdiens kan vooraf gereël word teen ekstra koste.

Slaapplek

'n Bespreking by Afsaal Holiday Flat 208 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Afsaal Holiday Flat 208 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R635 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za